Dié ekspo kan jy nie mis nie

Die matriekafskeid lê om die draai en is ’n  groot dag vir duisende matrikulante. As jy nog nie daardie droomskepping vir jou groot dag het nie, nie die bykomstighede kry waarna jy soek nie, niks in jou begroting wil pas nie, of jy weet van iemand vir wie jy op hierdie manier kan help om …

Die matriekafskeid lê om die draai en is ’n  groot dag vir duisende matrikulante. As jy nog nie daardie droomskepping vir jou groot dag het nie, nie die bykomstighede kry waarna jy soek nie, niks in jou begroting wil pas nie, of jy weet van iemand vir wie jy op hierdie manier kan help om ook ’n  dag te kan hê om te onthou, moet jy beslis ’n draai maak by die Najaarsrus Dienssentrum op 30 Junie van 12:00 tot 18:00 en op 1 Julie van 09:00 tot 17:00. Hier sal jy nagenoeg 50 matriekrokke en vier trourokke, verskeie ander deftige uitrustings en bykomstighede kan besigtig wat deel is van die Lady Bujari-projek.
Lady Bujari beteken Generous Lady en sê presies wat dié unieke gemeenskap- en fondsinsamelingsprojek van Najaarsrus in die gemeenskap van Parys wil doen.
Met die projek kan jy nou enige aanddrag, matriekafskeidrok, trourok of bykomstighede aan Najaarsrus skenk wat dit dan weer sal uitverhuur, of kan die tehuis dit selfs namens jou verkoop teen ’n 10% fooi as jy dit nie wil skenk nie. Op dié manier kan mense maklik en bekostigbaar ’n uitrusting kies om te huur of te koop teen ’n billike prys. Terselfdertyd samel Najaarsrus met die projek geld in vir finansiële steun vir die 20 behoeftige bejaardes by die tehuis wat nie daartoe in staat is om hul verblyf te kan betaal nie.
Daar is ook reeds ’n paar borge vir naels en ander mooimaak geskenkbewyse ontvang vir die Lady Bujari-projek en mense wat graag borgskappe, verkieslik in die vorm van geskenkbewyse kan gee vir grimering, hare, juweliersware en selfs fotografie, is ook welkom.
Gesels met familie, vriende en kennisse en vertel hulle van die projek en help saam om ander te help.
Vir meer inligting skakel Estie van der Merwe by 072 927 0015 of Hannelie Keyser by 082 7769 629.

Related Articles

Back to top button