Na jare pluk VF Plus vrugte van ondersoek teen vakansieklub-bedryf

ʼn Groot oorwinning vir die VF Plus. Dit is hoe adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter en parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, vandag se aankondiging van die Nasionale Verbruikerskommissie beskryf dat ʼn landwye ondersoek nou formeel gedoen gaan word na ongerymdhede in die vakansieklub-bedryf. ʼn Groot oorwinning vir die VF Plus. Dit …

ʼn Groot oorwinning vir die VF Plus. Dit is hoe adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter en parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, vandag se aankondiging van die Nasionale Verbruikerskommissie beskryf dat ʼn landwye ondersoek nou formeel gedoen gaan word na ongerymdhede in die vakansieklub-bedryf.

Volgens adv. Alberts het die VF Plus die saak oor jare deurlopend en met groot ywer namens alle vakansieklublede gedryf en het nooit moed opgegee nie, selfs nie in tye toe dit gelyk het of daar niks van die ondersoek gaan kom nie. Adv. Alberts self het die aangeleentheid na parlementêre vlak geneem en het daarin geslaag om die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid te oortuig om daaraan aandag te skenk. Op hierdie wyse is die saak eindelik verwys na die Nasionale Verbruikerskommissie. Vandag is dié uitgerekte stryd eindelik beloon met die aankondiging van die kommissaris van die kommissie dat ʼn paneel aangestel is wat ʼn landwye ondersoek gaan doen waaraan almal wat daardeur geraak word, kan deelneem.

“Die VF Plus is verheug dat hierdie punt eindelik bereik is, en moedig die publiek aan om deel te neem sodat gebreke en ongerymdhede in die bedryf reggestel kan word. “Dit is ook belangrik dat mense wat daardeur geraak word, hul klagtes formeel by die kommissie aanmeld om te verhinder dat regstappe teen hulle ingestel word oor agterstallige geld en heffings. Op die oomblik word mense werklik geteister met regsaksies en skuldinvorderaars. “Dit kan gedoen word deur mnr. Neels Hattingh van die VF Plus te skakel by 012-772-4410, of aan hom ʼn epos te stuur by neels@vfplus.org.za . “Die VF Plus ondersoek tans, in samewerking met die Verbruikerskommissie, die moontlikheid om ʼn deur ʼn hofaansoek of met ingryping van die verbruikerstribunaal alle bestaande kontrakte ongeldig te laat verklaar terwyl die huidige ondersoek aan die gang is. “Verdere goeie nuus is dat ʼn tydsraamwerk van ses maande aan die ondersoek gekoppel is wat beteken dit gaan nie ʼn uitgerekte proses wees nie,” sê adv. Alberts.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button