HealthLifestyle

Ly jy ook aan Winter depressie?

Voel jy afgemat en moeg? Jy het dalk winter depressie. Seisonale affektiewe versteuring of winter depressie kom hoofsaaklik voor met die oorskakeling van die seisoen gedurende herfs na winter. Tipiese simptome wat voorkom sluit in: •Irritasie •Moegheid of lae vlakke van energie •Probleme om met ander oor die weg te kom •Hipersensitiwiteit of gevoelens van …

Voel jy afgemat en moeg? Jy het dalk winter depressie.
Seisonale affektiewe versteuring of winter depressie kom hoofsaaklik voor met die oorskakeling van die seisoen gedurende herfs na winter.
Tipiese simptome wat voorkom sluit in:
•Irritasie
•Moegheid of lae vlakke van energie
•Probleme om met ander oor die weg te kom
•Hipersensitiwiteit of gevoelens van verwerping
•Swaar, loodagtige gevoel in die arms en bene
•Geneig om te veel te slaap
•Veradering in eetlus – veral lus vir koolhidrate
•Toename in gewig
Mense wat gediagnoseer is met gemoedsversteurings is ook meer geneig om depressief te voel gedurende die tyd van die jaar.
Wat is die oorsaak hiervoor?
Die afname in die hoeveelheid sonlig waaraan jy daagliks blootgestel word kan inwerk op jou :
•liggaamshorslosie (body clock) – die verandering onderbreek die natuurlike ritme en kan gevoelens van depressive meebring
•Verlaging in serotinien vlakke (goedvoel chemikaliee in die brein) word ook veroorsaak deur minder sonlig.
Dit is belangrik dat jy jou dokter gaan sien as jy vir lang periodes sukkel met die onderstaande simptome wat op depressie kan dui:
•Versteurings in jou slaap en eetpatrone
•Voel dat daar geen hoop is nie
•Gedagtes koester van selfdood
•Alkohol of pille gebruik vir troos of om te kan ontspan
Winter depressie kom meer algemeen voor onder vroue. Dit is ook meer algemeen onder jong mense en as daar ʼn geskiedenis van depressie of winter depressie in die gesin is. Persone wat gediagnoseer is met depressie of bipolere versteuring is ook meer vatbaar vir die toestand. Dit is meer algemeen in lande wat minder sonlig kry maar kan ook hier ʼn inlvoed uitoefen in sonnige Suid Afrika.
Indien die toestand gegnoreer word kan dit lei tot:
•Gedagtes/pogings van selfdood
•Sosiale ontrekking
•Skool of werk probleme
•Misbruik van middels bv alcohol of pille
Indien jy beplan om die dokter te sien dink goed na oor die volgende sodat jy genoeg inligting kan verskaf:
•Wat is jou simptome – Hoe voel jy?
•Is daar ʼn patroon bv wanner jou depressie begin en wat maak dit beter of erger?
•Het jy ander probleme bv spanning of siektes bv skildklier wat jou kan beinvloed?
•Was daar enige onlangse lewensveranderings bv dood van ʼn geliefde, egskeiding , het jy verhuis…
• Medikasie, vitamins en aanvullings wat jy gebruik – lys alles asook hoeveel jy neem en wanneer.
•Vrae wat jy dalk wil vra.
Die belangrikste vraag is egter – wat kan ek tuis doen om beter te voel?
•Maak jou omgewing lig en helder. Sit kleur in jou vertrekke om dit op te helder, maar meer belangrik – sorg dat daar lig in jou huis inkom. Trek gordyne en blinders oop. Sny takke van plante weg wat verhoed dat die lig inkom by jou vensters. Oorweeg om n “skylite” te installeer in baie donker vertrekke. Sit nader aan vensters waar die lig inkom tuis en by die werk.
•Kry genoeg sonlig – veral die twee ure nadat jy opgestaan het. Stap in die son. Sit sommer net in die son en geniet die hitte en sonlig. Eet buite in die middag . Gaan steeds uit al is dit koud of bewolk- jy wil graag aan direkte sonlig blootgestel word.
•Oefen – dit laat jou goed voel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button