HealthLifestyle

Konsentrasie en fokus

“ Kom nou boetie, jy moet konsentreer!” …Klink dit bekend? Wat is konsentrasie en fokus binne die konteks van leerwerk? Fokus: Om spesiale aandag aan iets te gee Die vaardigheid is moeiliker vir kinders weens hulle natuurlike nuuskierigheid wat deel vorm van hoe hulle leer. Konsentrasie: Die vermoë om jou aandag op iets te rig …

“ Kom nou boetie, jy moet konsentreer!” …Klink dit bekend?
Wat is konsentrasie en fokus binne die konteks van leerwerk?
Fokus: Om spesiale aandag aan iets te gee
Die vaardigheid is moeiliker vir kinders weens hulle natuurlike nuuskierigheid wat deel vorm van hoe hulle leer.
Konsentrasie: Die vermoë om jou aandag op iets te rig en op te hou om ander dinge te doen.
Hierdie vaardigheid kan met oefening en verskeie strategieë verbeter word. Dit word beïnvloed deur byvoorbeeld aandag gebrek-sindroom asook sensoriese faktore byvoorbeeld oormatige hitte, geraas, ens.
Strategieë wat konsentrasie kan verbeter:
1) Deel groot take op in kleiner dele
Werkstukke of verslae vereis baie meer dissipline en konsentrasie wat meebring dat mens geneig is om dit uit te stel omdat jy nie weet waar om te begin nie. Deel groot take op in kleiner dele byvoorbeeld: Dag 1 – Soek bronne oor die onderwerp; Dag 2 – Kyk wat presies benodig word om die vrae te antwoord of aan die vereistes van die werkstuk te voldoen ensovoorts. Dit sal ook help met effektiewe bestuur van tyd en gee die gevoel dat jy in elke stap iets bereik het.
2) Verminder aandagstelers
Kinders oefen nog om te konsentreer. Vermy dit om by ’n venster te sit en laat hulle liewer na die muur kyk waar daar nie prente is om die aandag af te lei nie. Genoeg ventilasie en natuurlike lig is belangrik. Hou alles netjies en maak seker dat alle skryfbehoeftes en ander benodighede daar is voor die kind begin. Rustige, sagte klassieke musiek kan help om geraas te verminder en konsentrasie te verbeter.
3) TV, selfone ens:
Moenie voor die TV /rekenaar sit en leer nie – dit verdeel die aandag. Selfone moet ook liefs weggepak word omdat die werk langer uitrek met die onderbrekings. Beperk die gebruik daarvan tot rustye.
4) Roetine
Doen tuiswerk op dieselfde tyd elke dag sodat dit ʼn gewoonte word. Op die manier word dit makliker om te konsentreer omdat die brein daarop ingestel word.
5) Oefening en speeltyd
Sport of buite speel voor of tussen huiswerk en ander take help die kind om stoom af te blaas en van opgekropte energie ontslae te raak – so konsentreer hulle makliker.
6) Genoeg rus en kos
Maak seker die kind kry snags genoeg rus. Die kind sal meer uitgerus wees indien hy voor nege saans in die bed is. Ontbyt is belangrik om die dag mee te begin.
7) Stel tyd doelwitte
Help die kind om te fokus deur tyd te koppel aan elke aktiwiteit. Wees realisties oor die toegelate tyd en as dit die kind angstig maak, moet die metode nie gebruik word nie.
8) Speletjies was konsentrasie verbeter
Geheue speletjies en “ pick-up sticks” is maar net twee voorbeelde van speletjies wat gebruik kan word om konsentrasie te verbeter.
9) Gee tyd tussen take
Gee tyd vir die kind om sy fokus te verskuif van een taak na die volgende. Gebruik die tyd om te praat oor wat nou gedoen moet word. Begin met dit waarvan hy nie hou nie sodat hy kan uitsien na dit wat lekker is daarna.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button