Spandeer eers geld, dan kry jy pensioen

’n Pensioenaris wat elke maand haar en haar man se pensioen by Pick n Pay Vanderhoffpark gaan trek, het verlede week op ’n kennisgewing in die supermark gesien dat sy vanaf 1 April R350 by dié supermark moet bestee om haar pensioen van ongeveer R1 500 te ontvang.

’n Pensioenaris wat elke maand haar en haar man se pensioen by Pick n Pay Vanderhoffpark gaan trek, het verlede week op ’n kennisgewing in die supermark gesien dat sy vanaf 1 April R350 by dié supermark moet bestee om haar pensioen van ongeveer R1 500 te ontvang.
“Ek was redelik geskok. Om my en my man se pensioen daar te kry, sal ek dus R700 moet bestee,” het sy gesê.
Volgens haar verstaan sy dat daar uitgawes aangegaan moet word om die diens te lewer, maar voel dat die bedrag van R350 per persoon ‘n klein bietjie hoog is.
“Ek het nie vervoer nie, daarom gaan ek na dié supermark wat die naaste aan my is.
Soos wat die maand vorder, koop ek my daaglikse benodighede ook by hulle. So ek bestee my geld daar, maar sal dit nou moet heroorweeg,” het sy gesê.
* Volgens Chris Fourie, mede-eienaar van die betrokke Pick n Pay, is dit slegs ’n sakebesluit.
“Op die oomblik verloor ons geld, omdat daar baie mense is wat hulle pensioen kom haal, maar dit nie by die supermark bestee nie.
Die besluit is geneem bloot sodat ons ons kostes kan dek om steeds hierdie diens aan pensioenarisse in die gebied te kan lewer,” het Fourie gesê.
Hy verduidelik verder dat hulle die enigste supermark in die stad is wat drie keer per week afslag aan pensioenarisse bied.
Hulle het voorgeneem om die bedrag te heroorweeg en het pensioenarisse uitgenooi om individuele gevalle met hulle te kom bespreek.


Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button