Wat maak jy vir aandete – wat hiervan?

Weet jy nie meer wat om vir aandete voor te berei nie? Hier is ‘n heerlike pasta-resep wat jou nie eers baie tyd gaan neem nie…

MIELIE PASTA SKOTTEL

1 blik heelpit mielies
1 blik suiker mielies (room)
Gesnipperde spek of polonie of ham
Kaas gerasper
1 pak spaghetti
3 eiers
2 gekapte uie
2 gekapte tamaties
Sout en peper

Kook pasta vir 20 minute. Braai uie goud bruin voeg bacon by braai bruin. Water heelpit mielies af. Meng dan uie en spek by pasta saam suikermielies en heelpit mielies. Meng goed. Klits eiers saam helfte van die kaas en voeg by pasta gereg. Plaas in oond teen 180 C vir 30 min. Net voor bedieninge gooi res van kaas oor gereg. Geur met sout en peper.

Jy kan ook ‘n witsous oor die pasta gooi en res van kaas oor strooi.

 

Resep verkry van Kreatiewe Kos Idees

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version