Swendelaars gebruik geld vir dwelms

“Dit was met ‘n sug en ‘n snik dat een van ‘n trio swendelaars verlede week tronk toe gestuur is.” So berig die Klerksdorp Rekord oor die drie mans, Wilhelm (Willie) Petrus Miller, sy lewensmaat JC Miller en sy eksman Louis Scheepers, wat ’n pleitooreenkoms aangegaan het op klagtes van bedrog en diefstal en op 6 Desember gevonnis is.

WP Miller

WP Miller

“Dit was met ‘n sug en ‘n snik dat een van ‘n trio swendelaars verlede week tronk toe gestuur is.”
So berig die Klerksdorp Rekord oor die drie mans, Wilhelm (Willie) Petrus Miller, sy lewensmaat JC Miller en sy eksman Louis Scheepers, wat ’n pleitooreenkoms aangegaan het op klagtes van bedrog en diefstal en op 6 Desember gevonnis is.

JC Miller

Die drie het in Orkney, Klerksdorp en Potchefstroom mense ingedoen deur ‘n deposito van 70% te vra en dan nooit opgedaag het om die werk te doen nie. Hulle het hulle dienste as Du Plessis Konstruksie, Skoonmaakdienste en Plaveisel in plaaslike koerante geadverteer.
Hulle het ook huurhuise geadverteer wat nooit te huur was nie. Die Herald en die Klerksdorp Rekord het die plasing van hulle advertensies gestaak nadat dit aan die lig gekom het dat daar beweerde bedrog is.
Willie en JC is op 26 Mei by ’n gastehuis in Christiana in hegtenis geneem nadat ’n lasbrief vir hul inhegtenisname uitgereik is omdat hulle nie by die hof opgedaag het nie.
Beide Willie en JC het skuld erken en verduidelik dat die meeste van die geld gebruik is om dwelms te bekom. Willie se eksman, Louis Scheepers, het ook skuldig gepleit op een van die klagtes van bedrog en diefstal ter waarde van R4 000 en gesê hy het dit gedoen omdat hy geld nodig gehad het.
Willie het skuld erken op 24 klagtes en JC op ses van die klagtes. Willie moet 18 maande van ‘n tronkstraf van drie jaar uitdien, die res is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy hom nie weer aan ‘n soortgelyke misdryf skuldig maak nie. Louis en JC is elk ‘n jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is op dieselfde voorwaardes.
Die ondersoekbeampte, adj-off. Connie Nepgen is na die afhandeling van die saak geprys vir haar harde werk om al die klaers se verklarings te kry.
“Indien ons nie ‘n pleitooreenkoms aangegaan het met die beskuldigdes nie, sou die saak nog jare gesloer het. Die ooreenkoms is gesluit nadat daar weer met al die klaers in die saak gekonsulteer is. Sy het baie hard gewerk en selfs tydens haar verlof gehelp om verklarings te kry.’’

Miller-web jc-miller-2

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button