Hou Parys skoon en wys besoekers die blommeprag met VS fees

Aangeheg ’n foto wat ek Sondag 30 Oktober geneem het in Buitenstraat van die vullishoop wat gereeld daar ophoop. Free State Tourism Authority (FSTA) het dit goed gedink om saam met die Vrystaat regering vir Parys ‘n ekonomiese inspuiting te gee deur die Blommefees Parys toe te bring om toerisme daar te bevorder.

Aangeheg ’n foto wat ek Sondag 30 Oktober geneem het in Buitenstraat van die vullishoop wat gereeld daar ophoop.
Free State Tourism Authority (FSTA) het dit goed gedink om saam met die Vrystaat regering vir Parys ‘n ekonomiese inspuiting te gee deur die Blommefees Parys toe te bring om toerisme daar te bevorder.
Dit is skokkend dat die besighede doodeenvoudig al die vuilgoed net op die sypaadjies gooi. Self die winkels in die hoofstraat gooi hulle rommel oor ’n  naweek in die straat dan  moet die besoekers eers oor die rommel klim om hulle te ondersteun.
FSTA kon net sowel die blommeskou na enige ander Vrystaatse dorp geneem het, maar Parys is uitgesonder. Ek hoop van harte dat elke besigheid in Parys net’n  bietjie moeite sal doen om die sypaadjies voor hulle winkels skoon te maak sodat ons beskoekers die skoonheid van die blomme kan geniet.

Related Articles

Back to top button