HealthLifestyle

My kind het ADHD

Reëls is baie belangrik om ’n kind met ADHD te hanteer. Die reëls moet duidelik en konkreet wees. Stel eerder minder reëls op, dink aan kwaliteit en nie kwantiteit nie. Die reëls moet gedurig aangepas word soos omstadighede verander. Dit is belangrik dat jou kind vir goeie gedrag beloon word. Beloning versterk die positiewe gedrag. Kinders, insluitende volwassenes hou van erkenning en ’n beloningstelsel werk baie goed. Jy as ouer ken jou kind die beste en weet dus wat ’n goeie beloning sal wees byvoorbeeld iets lekker soet om te eet of 15 minute om ’n gunsteling speletjie te speel.

Reëls is baie belangrik om ’n kind met ADHD te hanteer. Die reëls moet duidelik en konkreet wees. Stel eerder minder reëls op, dink aan kwaliteit en nie kwantiteit nie. Die reëls moet gedurig aangepas word soos omstadighede verander.
Dit is belangrik dat jou kind vir goeie gedrag beloon word. Beloning versterk die positiewe gedrag. Kinders,  insluitende volwassenes hou van erkenning en ’n beloningstelsel werk baie goed. Jy as ouer ken jou kind die beste en weet dus wat ’n goeie beloning sal wees byvoorbeeld iets lekker soet om te eet of 15 minute om ’n gunsteling speletjie te speel.
’n Beloningsstelsel kan saam met jou kind opgestel word. Stel ’n lysie op met moontlike belonings byvoorbeeld keuse van ’n televisieprogram ensovoorts.
Stel dan ’n lys op met gedrag wat sal lei tot beloning byvoorbeeld opruim van kamer. Fokus op die probleemareas in jou kind se gedrag. Indien gewensde gedrag nie deur die kind uitgevoer word nie, moet die kind gestraf word. Dit kan ook inskakel met die beloningstelsel byvoorbeeld waar daar ’n regmerkie gemaak word vir goeie gedrag kan daar ’n kruisie gemaak word vir ongewensde gedrag. Spesifike straf moet ook deur die ouer besluit word byvoorbeeld wegneem van voorregte. Straftyd moet ook duidelike reëls hê en moet uitgevoer word so gou as moontlik na die oortreding.
Dit is ook belangrik om jou kind se onderwyser/onderwyseres bewus te maak van die diagnose. As ouer moet jy ingelig wees oor hoe ADHD jou kind se prestasie op skool kan beïnvloed. Wenke om seker te maak dat jou kind optimaal presteer:
•Leer jou kind om dadelik huiswerk wat die juffrou gegee het neer te skryf
•Help jou kind met huiswerk en gaan huiswerk na om seker te maak dit is gedoen
•Huiswerk kan aangepak word deur dit op te breek in kleiner opdragte, sodat die kind kan rus nadat die klein opdrag uitgevoer is.
•Rig ’n  spasie in waar jou kind huiswerk kan doen sonder enige afleidings
•Maak huiswerk en leer pret. Probeer om soveel as moonlik sintuie te betrek byvoorbeeld lees die opdrag hardop vir die kind, gebruik kleurpenne of ‘highlighters’ om sleutelwoorde te onderstreep. Laat die kind sy/haar werk leer deur te praat of om rympies te maak om dit maklik te onthou.
•Beloon kind vir goeie werk. Wees versigting vir woordkeuses soos perfek in plaas van goed. Moedig ook jou kind aan indien dit ’n moeilike opdrag is byvoorbeeld ek sien dat jy hard probeer – ek is trots op jou1
Onthou ADHD het nie net ‘n geweldige impak op jou as ouer nie, maar ook op jou kind. Kinders met ADHD het ’n laer selfbeeld, omdat hulle sukkel met skoolwerk terwyl hulle maats dit vinnig en maklik afhandel. Dit beïnvloed ook hulle motivering om skoolwerk te doen. Probeer dus vermy dat jou kind hoop verloor en skoolwerk vermy. Hou ook jou kind fyn dop vir tekens van angstigheid asook depressie wat skakel met skool en huiswerk. Vir navrae skakel Lize van der Linde by (056) 816 2155.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button