Vaalrivier – Verniel, vermoor langs viswater

VILJOENSDRIFT. – ‘n Dag van hengel en lekker kuier langs die Vaalrivier het vir twee paartjies in ‘n tragedie verander, toe hulle deur drie jong mans langs die viswaters aangeval en beroof is. Een van die beseerdes het later aan sy wonde beswyk. André (54) en Barbara (48) Fourie van Krugersdorp, was saam met hul …

VILJOENSDRIFT. – ‘n Dag van hengel en lekker kuier langs die Vaalrivier het vir twee paartjies in ‘n tragedie verander, toe hulle deur drie jong mans langs die viswaters aangeval en beroof is.

Een van die beseerdes het later aan sy wonde beswyk. André (54) en Barbara (48) Fourie van Krugersdorp, was saam met hul vriende van Sasolburg, Freddie (52) en Anna (58) Barnard besig om oorkant die Vaal-renbaan aan die Vrystaat-kant te hengel toe drie mans met klapmusse hulle omstreeks 18:30 oorrompel en met pikstele aangeval het.

Afgesien van verskeie houe oor die kop met die pikstele, het die mans ook André se keel probeer afsny en Barbara ernstig aangerand. Na die brutale aanval het hulle die twee paartjies van hul besittings beroof en gevlug. Al die vriende, behalwe Anna, was aanvanklik bewusteloos.

Sy kon daarin slaag om hulle in die motor te laai en na die Fezi Ngubentombi Hospitaal te jaag. Freddie is die ergste van almal aangerand en het Dinsdagoggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Barbara sterk nog in Mediclinic Vereeniging aan.

Chantelle Pistorius, André se dogter, het aan Vaalweekblad gesê Barbara is buite gevaar en dat die bloeding op haar brein besig is om op te klaar. André is reeds uit die hospitaal ontslaan en sterk goed aan. Volgens Anna was sy gelukkig en het sy slegs geringe beserings opgedoen.

* Hierdie was nie die eerste aanval op hengelaars in dié gebied nie. Vroeër die week is nóg hengelaars deur drie mans beroof. Hulle is egter nie so wreed soos die Fouries en Barnards aangeval nie. Die polisie waarsku die publiek om dié gebied en Mario Milanirylaan te vermy, veral na donker.

Enigeen met inligting wat kan help om die skuldiges vas te trek, kan die ondersoekbeampte, speur-konst. Tebadi Mankge by 072 190 6204 kontak.

Related Articles

Back to top button