Wonder jy oor gehoorprobleme?

’n Oudioloog is n persoon wat die evaluering en hantering van gehoor en balansprobleme behandel. Die volgende dienste word verskaf: •Diagnostiese gehoor-evaluasies vir babas tot volwassenes. •Verwysing na’n oor- , neus- en keelspesialis of mediese praktisyn indien die gehoorprobleem mediese aandag vereis. •Verskaffing en passing van gehoorapparate indien medikasie of chirurgie nie ’n opsie is nie. •Gehoorapparaat rehabilitasie, asook hulp met verstellings of herstel van apparate.

’n  Oudioloog is n persoon wat die evaluering en hantering van gehoor en balansprobleme behandel.
Die volgende dienste word verskaf:
•Diagnostiese gehoor-evaluasies vir babas tot volwassenes.
•Verwysing na’n  oor- , neus- en keelspesialis of mediese praktisyn indien die gehoorprobleem mediese aandag vereis.
•Verskaffing en passing van gehoorapparate indien medikasie of chirurgie nie ’n  opsie is nie.
•Gehoorapparaat rehabilitasie, asook hulp met verstellings of herstel van apparate.
Wees op die uitkyk vir probleme wat lei na gehoorverlies:
Otitis media (Middeloorontsteking)
Middeloorontsteking is een van die mees algemene “siektes” by kinders. Die middeloor word onsteek en vog vorm in die oor wat dan veroorsaak dat klank nie doeltreffend gehoor word in die binne-oor nie. Indien hierdie ontsteking nie behandel word, kan’n  tydelike gehoorverlies onstaan. Die tydelike gehoorverlies kan lei tot:
•Spraak- en taalagterstande
•Skolastiese- en leerprobleme
•Aandagprobleme
•Emosionele en sosiale probleme
•Gedragsprobleme
•Moontlike permanente gehoorverlies as die infeksie nie behandel word nie.
Let op as u kind oorpyn ervaar en nie reageer op klanke nie, moet daar dan mediese advies verkry word.
Balansprobleme
Sommige balansversteurings hou verband met probleme of skade in die binne-oor.
Ervaar u ooit een van die volgende?
•Duiseligheid
•Onvas op voete
•Geneigdheid of vrees om te val
•’n  Neiging om na een kant toe te gaan wanneer u loop
•Gehoorverlies
•Naarheid
•Suising of gefluit in die ore
Indien u JA beantwoord op van die bogenoemde probleme is dit belangrik dat u’n  oudioloog besoek om die probleem vas te stel.
Geraasblootstelling
Geraas bo’n  normale klankdrempel kan lei tot permanente skade in gehoor. Geraasvlakke wat 85 dB (A) oorskry word na verwys as skadelik vir gehoor. Indien u hieraan blootgestel word, word ’n  jaarlikse gehoorevaluasie aanbeveel. Tekens soos n gesuis of gelui/ en “toe” of “geblokte” gevoel in die ore is die eerste tekens van n gehoorverlies a.g.v. geraasblootstelling.
Tinnitus
Dit is die klank of geraas wat iemand ervaar in hulle ore bv. n gefluit of gesuis. Dit word veroorsaak deur n gehoorverlies of skade in die binne-oor, geraasbloodstelling of sekere medikasie.
Wenke om jou gehoorverlies te identifiseer
•Sukkel om’n  gesprek te volg wanneer een of meer persone gelyktydig praat.
•Familielede of vriende begin kla dat u hulle nie kan hoor nie.
•Sukkel om in’n  lawaaierige plek te hoor.
•Vra u dikwels vir herhaling.
•Suising of gefluit in u ore hoor.
Indien u met van die bogenoemde lys sukkel word n gehoorevaluasie deur n oudioloog aanbeveel. Vir enige navrae of afsprake kontak gerus Parys Distrik Hospitaal: by 056 816 2100 of 056 816 2154.

Exit mobile version