Bloeddiens vra vir bloed vir Feesseisoen

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 8 Desember by die Hervormde Kerksaal, vanaf 13:00 tot 19:00 in ’n poging om veilige, genoegsame bloed in te samel om die lewens van baie te red. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te …

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 8 Desember by die Hervormde Kerksaal, vanaf 13:00 tot 19:00 in ’n poging om veilige, genoegsame bloed in te samel om die lewens van baie te red. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees
•Meer as 50kg weeg
•Iets voor jou skenking eet
•ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
•Gesond wees op die dag van skenking
Die Feesseisoen is hier. Dit is ʼn tyd wanneer meeste van ons op ontspan, geskenke en familie fokus, maar vir baie is dit ’n  tyd wanneer die daaglikse vereistes nie ophou nie. Dit is verseker die geval met dokters wie hard daaraan werk om lewens te red en hulle kan dit slegs doen met die hulp van bloed en bloedprodukte. Dié hoeveelheid bloed word benodig om pasiënte, soos dié wie terminaal siek is, om nie eers te praat van ongelukslagoffers nie, te behandel. As ons na vorige jare se bloedvoorrade oor dieselfde tydperk kyk, weet ons dat moeilike tye voorlê.” sê SANBS Kommunikasiebestuurder, Va-nessa Raju.
Help asseblief om ʼn bloedtekort te voorkom deur die bloedskenking te ondersteun

Related Articles

Back to top button