HealthLifestyle

Ken die gevare van dwelms

Moenie net nee sê vir dwelms - ken die redes waarom jy moet wegbly daarvan.

Moenie net nee sê vir dwelms – ken die redes waarom jy moet wegbly daarvan.
Dwelmgebruik in die gemeenskap is steeds ’n bron van ernstige kommer en word toenemend ook hier gesien.
Juis om hierdie rede is daar ’n groot behoefte aan inligting oor spesifiek gewoontevormende dwelms en medikasie in die gemeenskap.
Jongmense beland dikwels onskuldig in situasies waar hulle afhanklik raak, grotendeels uit onkunde oor gewoontevormende middels en die gevaarlike gevolge daarvan.
Om hierdie behoefte aan inligting aan te spreek sal Lotsha Ministries ’n aantal inligtingsaande op Woensdae tussen 19:00 en 20:00 by die organisasie se kantoor in Kerkstraat, Parys (Choppies gebou) hou vanaf 2 September tot 18 November.
Daar sal gefokus word op een onderwerp elke Woensdagaand oor die aantal weke met inligting en besprekings oor die bepaalde middel wat die aand bespreek word.
Dit sal ook toegelig word met ’n videovertoning waarin gerehabiliteerde dwelmverslaafdes sal gesels oor die gevolge wat verslawing vir hulle ingehou het.
Mense wat inligting nodig het of weet van mense wat sou kon baat by die bywoning van die inligtingswerkswinkels, is meer as welkom om die werkswinkels by te woon.
Kennis oor die gevare en effek van dwelms mag iemand wie jy ken of liefhet se lewe dalk net red.
Inligting oor die onderskeie dwelms en simptome van die gebruik daarvan sal ook oor die plaaslike radiostasie, Koepel Stereo, asook in die Parys Gazette gepubliseer word. Vir meer inligting oor die werkswinkels skakel Lotsha by 086 1568 742.
Bywoning is gratis en van die dwelms wat bespreek sal word sluit in Ritalin misbruik, heroïn, ecstasy, dagga, pynstillers, kokaïene, LSD, voorskrifmiddels, Crystal Meth en andere.
Die onderwerpe sal insluit bespreking van die dwelmkultuur, hoekom mense dwelms gebruik, die effek van dwelms op die kort- en langtermyn in die algemeen en spesifiek, waaroor berading en ondersteuning gaan en die rol van ouers en ondersteuners.

Related Articles

Back to top button