HealthLifestyle

Wag by dokters! Lesers praat op Facebook

In ‘n brief in Beeld (Vrydag 3 Julie) word dokters aangevat omdat hulle te veel afsprake neem. Mense wag tot 45 minute en langer, na hul afspraaktyd, om die dokter te sien.

In ‘n brief in Beeld (Vrydag 3 Julie) word dokters aangevat omdat hulle te veel afsprake neem. Mense wag tot 45 minute en langer, na hul afspraaktyd, om die dokter te sien.

Wat is die doel van ‘n afspraak dan, wil die briefskrywer weet. Hy dreig om ‘n eis in te stel teen verlies aan inkomste aangesien hy sy eie besigheid bedryf en die dokter sy tyd mors. (Die briefskrywer het nie noodwendig verwys na ’n dokter in Potchefstroom nie).
Wat sê lesers op Facebook?

• Fanus Hansen
Ek dink: as die dokter of sy/haar sekretaresse/ontvangsdame met jou ‘n afspraak maak, dan het jy en hy/sy/die praktyk ‘n ooreenkoms aangegaan. Dokter sal jou 14:00 sien. Behalwe vir noodgevalle (wat ons almal verstaan) is dit (na my mening) nie professioneel om iemand langer as sewe minute sonder rede en sonder verskoning te laat wag nie. My ribbes so pas heeltemaal oopgemaak…. wink emoticon
• Louise Britz
Ek llllllluuuuuvvvvv my dokter en gesels ook baie lekker met hom, maar ek het ook al opgestaan en geloop na ‘n uur en ‘n half se wag. Ek verstaan dat almal met hom wil gesels en dat dokter soms uitgeroep word vir noodgevalle. Maar ek voel die ontvangsdames kan die volgende pasiënte laat weet dat die “dokter” agter is met sy afsprake. Respek vir ‘n ander ou se tyd kom van twee kante af!!!!
• Stephanie Blaauw
Wat van: Dankie dokter, en hou op moan oor crap! Hy maak tyd om na jou geween te luister, so hou net op moan!!! Dis nie asof jy miljoene verloor as jy ’n doktersafspraak maak nie?
• Hannes van den Berg
’n Afspraak is n skatting wat deur ’n ontvangspersoon gereguleer moet word. Almal het nie dieselfde siekte nie, ’n dokter moet tog ’n goeie diagnose maak en die persoon reg behandel. Sommige mense dring aan om ingedruk te word en wil die dokter op ’n sekere dag sien. Sommige dokters kry nie eers kans vir middagete nie, die persoon wat kla is maar net ’n arrogante persoon wat dink hy is belangrik.
• Esthe Pretorius
Ek vra myself gereeld af wat is die nut van ’n afspraak. Het anderdag saam met ’n pasiënt wat ’n rugoperasie ondergaan het, en daarvolgens net mag sit en lê, twee ure lank gewag vir die spesialis. Wonderlike dokter maar nietemin… ’n sinnelose vermorsing van tyd
• Kotie Joubert
Mense praat baie as jy pasiënt sien. Dan onthou hulle van al hul probleme. Dokter moet luister, jy betaal mos. Nou raak hy agter en die ou wat praat was die een wat meer tyd geneem het. Almal se siekte is nie dieselfde nie, gun die ou wat regtig siek is tyd saam met sy geneesheer.
• Nico van Aswegen
Ek stem saam. Hy moet ’n eis instel. Afspraak bly ’n afspraak. Al baie met my ook gebeur, wag 30 min en langer terwyl pasiënt en dokter te lekker gesels.
• Fransa Vorster
By M-Care is hulle altyd stiptelik. Ek het nog nooit nodig gehad om te wag nie. Ja, daar kan seker noodgevalle kom en dit kan mens verstaan – dan wag mens sonder om ‘n storie te maak. Maar ek dink dat meeste spreekkamers se tydsbeplanning net nie goed is nie.
• Tina Sauerman
As jy mediese hulp en advies nodig het moet jy maar geduldig wag, maar wraggies party dokters se ontvangsdames is maar uiters ongeskik. Praat uit ondervinding. Geen professionaliteit in hulle nie.
• Alda de Villiers
Ek het eendag gesit en luister hoe ‘n geliefde dokter in Potch sit en boerderysake praat vir ‘n volle halfuur. Ek is mal oor hom, maar ek het ‘n ander dokter gaan soek omdat ek nooit minder as ‘n uur daar gesit en wag het nie.
• Justine Trautmann
Doctors run businesses – same as everyone else – appointments should be kept to, or at least have the decency to call the patients and tell them the schedule is late. But to sit for hours (when we all have our own jobs) is unnecessary and disrespectful of our time.
• Bushy Wa Kolobi
Can anyone please caution Medi-Cross stuff about this. Their negative attitude also. One will sit there for almost an hour watching their movements. They don’t have decency, even friendly service to the patients. That’s why most of black patients no longer consult at Medi-Cross. Please people. The reason we consult, it’s because we are sick and need help. Nothing more!

Related Articles

Back to top button