Kabeldiewe weer skotvry

Die raaisel rondom die vlaag koperdraad diefstal binne Ngwathe, het verlede week ’n skokkende wending geneem nadat bevestig is dat ’n voertuig van die Ngwathe munisipaliteit se elektriese afdeling in Meerholtzstraat gesien is waar oorhoofse elektriese kabel verlede Woensdag in die vroeë oggendure gesteel is.

Hoewel die man wat verantwoordelik was vir die voertuig volgens die polisie verlede Donderdag in hegtenis geneem is op ’n klag van diefstal van koperdraad, is die saak voorlopig teruggetrek nadat geen bewyse gevind kon word wat die man met die diefstal verbind nie.

Toe die kabel gesteel is, het inwoners in die omgewing die munisipale voertuig opgemerk, en is vier mense na bewering op die misdaadtoneel gesien. Inwoners wat deur die diefstal geraak is, was vir ’n dag sonder krag terwyl gewag is dat die kabel vervang moes word.
Die munisipaliteit het reeds miljoene verloor aan koperdraad diefstal wat bykans weekliks voorkom. Die skuldiges ken oënskynlik die kragnetwerk en tot dusver kon nog niemand vir die diefstal vasgetrek word nie. Hierdie was reeds die tweede arrestasie wat gemaak is, wat op niks uitgeloop het weens gebrek aan voldoende bewyse.

Gazette het vroeër vanjaar berig toe ’n man deur sekuriteitsbeamptes van Parys Sekuriteit aan die polisie oorhandig is nadat ’n inwoner van Parys hom teen ’n kragpaal gesien en alarm gemaak het. Die munisipaliteit wat male sonder tal versuim om die diefstal onmiddellik te rapporteer, beteken dat ook die polisie se hande afgekap is, omdat herstelwerk meestal reeds gedoen is wanneer die saak uiteindelik gerapporteer word. Die 100m kabel wat Woensdag gesteel is, het ’n waarde van nagenoeg R18 000.

Related Articles

Back to top button