HealthLifestyle

Depressie se effek op jou beendere

Mense wat aan ernstige (major) depressie ly, staan ‘n groter gevaar as ander mense om ‘n lae beenmineraal-digtheid (BMD) en osteoporose te ontwikkel.

Mense wat aan ernstige (major) depressie ly, staan ‘n groter gevaar as ander mense om ‘n lae beenmineraal-digtheid (BMD) en osteoporose te ontwikkel.

Dit is die slotsom waartoe twee Israeliese dokters, drs. Raz Yirmiya en Itai Bab van die Hebrew University in Jerusalem, gekom het na jare se navorsingswerk. Buiten hul eie navorsing, het hulle ook uitslae van 23 ander studies waarby 2 327 depressiewe en 21 141 nie-depressiewe volwassenes betrokke was, in aanmerking geneem.

Die depressiewe deelnemers se beendigtheid was beduidend laer as dié van nie-depressiewe mense. Gebaseer op uitslae van hul eie en vorige navorsingswerk, waarsku Yirmiya en Bab dat depressiewe volwassenes, veral premenopousale vroue, ‘n groter risiko loop om osteoporose te ontwikkel. Hulle stel voor dat mense wat gereeld erge depressie-aanvalle kry, gereeld hul beendigtheid moet laat toets om vroegtydig voorkomende medikasie te begin gebruik.

Die verband tussen depressie en lae beendigtheid is in hierdie stadium nog onbekend. (Bron: Reuters Health).

Related Articles

Back to top button