HealthLifestyle

Magnesium kan jou gesondheid verbeter

Die meeste mense het ’n ernstige tekort aan magnesium maar is salig onbewus daarvan. Die hoeveelheid navorsing wat gedoen is op magnesium is verbysterend, sê dr Carolyn Dean, skrywer van The Miracle of Magne- sium.

Die meeste mense het ’n ernstige tekort aan magnesium maar is salig onbewus daarvan. Die hoeveelheid navorsing wat gedoen is op magnesium is verbysterend, sê dr Carolyn Dean, skrywer van The Miracle of Magne- sium.

“Magnesium is van terapeutiese waarde vir simptome van angstigheid, asma, hoë cholesterol, bloedklonte, hoë bloeddruk, rustelose bene, spatare, hoofpyn, migraine, sinusitis, depressie, diabetes, moegheid, hartsiektes, slaaploosheid en osteoporose.” Dr Julian Whitaker, een van Amerika se bekendste dokters in die veld van geïntegreerde medisyne, sê navorsing het die verhouding tussen lae vlakke van magnesium en kardiovaskulêre siekte bewys.

“Baie pasiënte met hoë bloeddruk kan baatvind by die inname van magnesium.” “Die meeste moderne hartsiektes word deur ’n magnesiumtekort veroorsaak,” sê dr Mildres S. Seelig. Sy het ’n meestersgraad in openbare gesondheid en is die skrywer van The Magne-sium factor. Sowat 70% van dr Linda Rapson se pa- siënte wat kla van spierpyn, toon tekens van magnesiumtekort.

Dr Sherry Rogers, die skrywer van Depression Cured at Last, meen magnesium het meer onverklaarbare simptome genees as enige ander mineraal al gedoen het in die 31 jaar wat sy dit bestudeer.

Wat doen magnesium?
Magnesium is by meer as 350 ensiemmaties en metaboliese funksies betrokke. Dit help met vertering, winderigheid, gewigsverlies, die afbreek van vette, diabetes, prikkelbare dermsindroom en lae bloedsuiker.
Magnesium laat die spiere ontspan en verlaag sodoende bloeddruk, verlig krampe, hardlywigheid, hoofpyne, asma, nekspasmas en bevorder rustige slaap.

Magnesium vervaardig en vervoer energie en is ’n noodsaaklike elektroliet vir die brein en senuwee funksie. Dit verbeter die geheue en konsentrasie en help met aandagafbaarheid, hiperaktiwiteit, Alzheimer se siekte en Parkinson se siekte.

Volgens die sentrum vir opvoeding en navorsing oor magnesium in Amerika is daar nege studies op pasiënte met hoë bloeddruk gedoen.
Die pasiënte is met 230mg magnesium behandel. “Die resultate het gewys dat magnesium hoë bloeddruk aansienlik verlaag.” Magnesium is noodsaaklik tydens swangerskap, omdat magnesium help om liggaamsweefsel op te bou en te herstel. ’n Ernstige tekort aan magnesium tydens swangerskap kan lei tot pre-eklampsie, verswakte groei van die fetus, kindersterftes en konsentrasieprobleme later in die kind se lewe.

Tablet of vloeistof?
Miracle Magnesium Oil is uniek vanweë sy vloeistofvorm. Dit het ekstra organiese minerale wat help met die opname van magnesium en bied meer bio-beskikbare magnesium as enige aanvullings in tabletvorm. Die magnesium vir die produk kom van die Dooie see wat bekend is vir sy genesende eienskappe as gevolg van die baie minerale in die water.

‘n Onafhanklike toets deur die SABS het bewys dat Miracle Magnesium wél magne- sium bevat asook kalsium, kalium, boor, seleen en sink, alles in perfekte balans vir beter opname. Miracle Magnesium sorg vir sterk en gesonde tande by kinders en maak groeipyne minder. Volwassenes kan baatvind daarby om Miracle Magnesium te gebruik wat help vir moegheid, spier-, -hartfunksie en -breinfunksie. Ouer mense het Miracle Magnesium nodig om beendigtheid te verhoog asook bloeddruk, bloedsuiker en cholesterol op gesonde vlakke te hou.
Miracle Magnesium Oil is geskik vir die hele gesin.

‘Magnesium het meer onverklaarbare simptome genees as enige ander mineraal.’

Navrae: Tel. 079 208 2800
www.miraclemagnesiumoil.co.za

Suid-Afrika se gewildste Magnesium
Want dit WERK!

Related Articles

Back to top button