ER24 verf die Vaal rooi

VANDERBIJLPARK. – ‘Real help, real fast.’ Dit is die slagspreuk waarvolgens personeellede van ER24 regoor Suid-Afrika daagliks streef. ER24 Vaal het op 24 April ’n bewusmakingsveldtog in die Vaaldriehoek gehou en verskeie takke in Gauteng het tot die sukses van die dag bygedra. Buiten vir bewusmaking is noodpersoneel gretig om by hul mede-kollegas van ander …

VANDERBIJLPARK. – ‘Real help, real fast.’ Dit is die slagspreuk waarvolgens personeellede van ER24 regoor Suid-Afrika daagliks streef. ER24 Vaal het op 24 April ’n bewusmakingsveldtog in die Vaaldriehoek gehou en verskeie takke in Gauteng het tot die sukses van die dag bygedra. Buiten vir bewusmaking is noodpersoneel gretig om by hul mede-kollegas van ander takke te leer om sodoende aan al hul pasiënte ‘n uitstekende en hoë gehalte diens te lewer. Daar is op die betrokke dag op verskeie noodoproepe gereageer en niemand kon die vloot van rooi nooddiensvoertuie miskyk nie. “ER24 streef daarna om aan pasiënte dienste van hoë standaarde te lewer en daarom belê ons in toerusting, infrastruktuur en ons mense.
“Ons is ’n maatskappy wat buigbaar is ten opsigte van die behoeftes van die gemeenskap. Verskeie takke in Gauteng kom maandeliks by een tak bymekaar om onder meer te leer en te kyk wat die beste werk om dit sodoende by jou eie tak te implementeer,” sê André Bronkhorst, takbestuurder van ER24 in die Vaaldriehoek.

Gavin Edwards (Potchefstroom), Michael Smith (bestuurder: ondersteuningsdienste), Charlene Bezuidenhout (Johannesburg sentraal), Hentie Malan (Johannesburg Wes), Martin Cole (bestuurder: ondersteuningsdienste), Gareth Staley (streekbestuurder: Gauteng) en André Bronkhorst (Vaaldriehoek). Foto’s: Carla du Plessis
Exit mobile version