Bemeester die ‘crucial conversations’ in jou huwelik

VANDERBIJLPARK. – ‘n Huwelikseminaar wat op 16 Mei plaasvind, gaan die kritieke punte in die huwelik bespreek en teiken daardie noodsaaklike kommunikasie tussen egpare. Huwelikspare dryf dikwels uitmekaar en word selfs opponente van mekaar omdat hulle nie hulle teleurstellende verwagtings kan verwerk nie. Verder kan hulle nie vrede maak met mekaar se vreemdsoortigheid nie, omdat …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Huwelikseminaar wat op 16 Mei plaasvind, gaan die kritieke punte in die huwelik bespreek en teiken daardie noodsaaklike kommunikasie tussen egpare.
Huwelikspare dryf dikwels uitmekaar en word selfs opponente van mekaar omdat hulle nie hulle teleurstellende verwagtings kan verwerk nie. Verder kan hulle nie vrede maak met mekaar se vreemdsoortigheid nie, omdat hulle nie spanning en/of konflik tussen hulle effektief kan deurwerk nie.
Dit is veral die laaste een wat negatiewe ervarings in die verhouding skep en negatiwiteit ‘n woonplek in die verhouding gee. Dit gaan dan gepaard met die donker stiltes, vyandigheid en seerkry.
Dit hoef egter nie so te wees nie, nie as jy kan leer om crucial conversations met jou maat te hê nie. Dit gaan oor botsende idees, behoeftes, planne, ideale, kinders grootmaak, finansies en ‘n hele klomp ander dinge. Dis gewoonlik gesprekke wat met emosies belaai is omdat die saak vir beide (elkeen op ‘n eie manier), belangrik voel. Daarom is dit krities belangrik om hierdie soort gesprekke reg te kan doen.
Dit is presies waaroor die huwelikseminaar op 16 Mei gaan. Dis ‘n praktiese, real life seminaar wat jou sal help om die ratwerk van konflik beter te verstaan, die uithaakplekke beter te bestuur en jou selfs sal afrig in vaardighede wat sal help om klaar te speel met die konflik in julle huwelik.
Onderwerpe wat bespreek gaan word is: Die een houding wat alles anders maak. Flashpoints in jou verhouding… hoe die ratte regtig werk. Speel klaar met die drie monsters wat julle verskille in ‘n oorlog laat ontaard. ’n Eenvoudige (stap-vir-stap) proses wat konflik nek omdraai en afrigting in die praktiese hantering van crucial conversations. As jy wil klaarspeel met die ongemak en vervreemding wat verskille, botsing en konflik tussen julle bring, is hierdie net die regte geleentheid!
Dit word op Saterdag 16 Mei vanaf 08:30 tot 16:00 by die Coram Deo Sentrum, Lucasstraat 37, Risiville, Vereeniging aangebied.
Die aanbieder is dr. Floris Knouwds, ‘n bekende berader, skrywer en spreker oor die huwelik. Vir meer inligting of om in te skryf, kontak Floris by 082 927 2575, Riana by 072 196 5230 of Soma in die oggend by (016) 423 1502.

Exit mobile version