LifestyleReligion

‘Moenie roem oor wat jy more verwag nie’

Kruispad: Henry & Richard Blackaby Moenie roem oor wat jy more verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie. Spreuke 27:1 Party mense hou daarvan om te lewe asof daar geen more is nie, maar dis nie waarvan hierdie spreuk praat nie. Net ‘n dwaas lewe sonder om die toekoms in gedagte …

voetspore, religion

Kruispad: Henry & Richard Blackaby

Moenie roem oor wat jy more verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.
Spreuke 27:1
Party mense hou daarvan om te lewe asof daar geen more is nie, maar dis nie waarvan hierdie spreuk praat nie. Net ‘n dwaas lewe sonder om die toekoms in gedagte te hou. ‘n Dwaas lewe net vir die oomblik; hy besef nie as hy vandag al sy geld uitgee, sal hy niks hê om more se rekeninge mee te betaal nie. ‘n Dwaas lewe roekeloos, want dit kom nie by hom op dat daar later gevolge vir sy optrede sal wees nie.

’n Dwaas doen nie sy bes op skool nie, want hy dink ‘n loopbaan sal outomaties in sy skoot val. Die Bybel sê nie ons moet lewe asof more nooit gaan kom nie. Dit waarsku ons wel daarteen om ons nie te kwel oor die toekoms nie (Mattheus 6:25) en om nie ons eie planne te maak sonder om in ag te neem wat God van ons mag vra nie (Jakobus 4:13-15).

Daar is soveel wat jy vandag van God moet ervaar dat jy geen oomblik moet mors deur jou oor more te kwel nie. Dis ook tydmors om groot planne vir jou toekoms te maak sonder dat jy God eers geraadpleeg het. God is in beheer van more, net soos Hy in beheer van vandag is. Die groot vraag wat jy jou moet afvra, is: “wat wil God hê moet ek vandag doen?” Dit sal jou besig genoeg hou; jy sal nie tyd hê om jou te kwel oor wat more kan gebeur nie. As jy elke dag volgens God se wil lewe, sal jy op elke more voorbereid wees. God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde. Hy het ‘n plan vir jou toekoms, en as jy Hom stap vir stap volg, sal jou toekoms ontvou soos dit moet.

Related Articles

Back to top button