LifestyleRecipes

Weskus-treffers

Na ‘n wonderlike vakansie in ‘Die Port’, soos hy daar bekend staan, (Port Nolloth), by vriendelike familie kan ek nie help om hierdie lekker resepte met julle te deel nie. Geniet hulle, al moet ons nou hier in Parys die bestanddele by die supermark gaan koop! Na ‘n wonderlike vakansie in ‘Die Port’, soos hy …

helene kluge, resepte
Helene kluge

Na ‘n wonderlike vakansie in ‘Die Port’, soos hy daar bekend staan, (Port Nolloth), by vriendelike familie kan ek nie help om hierdie lekker resepte met julle te deel nie. Geniet hulle, al moet ons nou hier in Parys die bestanddele by die supermark gaan koop!

Na ‘n wonderlike vakansie in ‘Die Port’, soos hy daar bekend staan, (Port Nolloth), by vriendelike familie kan ek nie help om hierdie lekker resepte met julle te deel nie. Geniet hulle, al moet ons nou hier in Parys die bestanddele by die supermark gaan koop!

Seekossop

Seekossop, resepte
Seekossop.

Braai 125g gesnipperde spekvleisrepies tot gaar. Voeg by 2 fyngekapte uie, 3 fyngekapte selderystingels, 2 preie (in ringetjies gesny) en 2 fyngedrukte knoffelhuisies. Roerbraai tot sag en geurig. Kook intussen 3 aartappels, in blokkies gesny in 500ml hoenderaftreksel en 500ml kookwater tot net sag. Voeg die aartappels saam met die aftreksel by die groente en spek. Voeg 1 blik seekossop by en 500ml melk en 500g skelvisblokkies. Verhit en kook tot die vis maklik vlok en die sop effens verdik. Geur met 10ml Worcestersous, sout, peper, suurlemoenskil en vars gekapte pietersielie. Skep in bakkies of bekers en gooi 1 eetlepel room oor elkeen. Garneer met vars dille en sit voor met geroosterde Franse brood.

Yellowtail fish cakes

We made these fish cakes from the left-overs of a delicious Yellowtail which my brother-in-law put on the braai for us the previous evening …
Flake the fish to get 250g and add 15g melted butter and 250g mashed potato. Season with salt and pepper and add lemon juice to taste and 10ml freshly chopped parsley. Add just enough beaten egg to bind and form the mixture into fish cakes. Heat oil in frying pan and fry fish cakes on both sides until golden brown.

Garlic prawns. resepte
Garlic prawns.

Garlic prawns

Thaw the prawns if they are frozen and devein them. Place butter in a pan together with crushed garlic and a little salt. Sprinkle prawns with lemon juice and fry in batches in a single layer until they turn pink on each side. DO NOT OVERCOOK! They cook in a few minutes. Serve immediately with seafood rice.

Genarineerde mossels

Gemarineerde mossels, resepte
Gemarineerde mossels.

Laat 1 kg bevrore gaar mossels in halfskulpe in water ontdooi en dreineer.
Marinade: Klits saam: 15ml olyfolie, 60ml asyn, sap van 1 suurlemoen en 1 klein lemoen, 180ml water, 10ml balsamiese asyn, 10ml suiker, knippie droë gemengde kruie, 10ml aangemaakte mosterd, sout en varsgemaalde swartpeper en giet oor die mossels; marineer oornag in die yskas en roer af en toe deur. Bedien met jou gunsteling soort brood.

Perlemoen met roomsous

Kap 2 – 3 skoongemaakte perlemoene met ’n vleishamer tot sag en sny dan in blokkies. Verhit 30ml botter en braai die perlemoen saam met 2 fyngedrukte knoffelhuisies, tot goudbruin. Voeg 125ml witwyn by en prut sowat 10 minute tot sag. Roer by 15ml – 20ml mielieblom, aangemaak met bietjie melk en laat kook. Voeg 100ml room by en verhit tot warm. Geur met gerasperde skil en sap van 1 suurlemoensap en sout en peper. Dien op met bruinrys.

Gebakte vis, resepte
Gebakte vis.

Gebakte vis

Harders is Weskuskos. Sny die harder al op sy maag langs oop en verwyder die binnegoed. Sprinkel growwe sout oor die vel en pak in ’n toeknyprooster. Braai oor stadige kole tot gaar, terwyl dit gedurig gedraai word. As jy die vis oopvlek en die graatjies begin loskom, is die vis gaar. Bedien met aartappelskyfies.

Related Articles

Back to top button