Alzheimer-ondersteuningsgroep wil ook uitreik na die versorger

Die Alzheimer Ondersteuningsgroep lewer reeds vir jare ’n diens in die gemeenskap en talle gevalle het reeds hierby baat gevind. Die bestuur van die groep het onlangs nuwe vooruitsigte vir die toekoms daargestel. Dit sluit in spesiale steun aan private versorgers van persone met demensie, bystand aan die versorger en voorsiening van tegnieke vir die …

Die Alzheimer Ondersteuningsgroep lewer reeds vir jare ’n diens in die gemeenskap en talle gevalle het reeds hierby baat gevind. Die bestuur van die groep het onlangs nuwe vooruitsigte vir die toekoms daargestel.

Dit sluit in spesiale steun aan private versorgers van persone met demensie, bystand aan die versorger en voorsiening van tegnieke vir die versorging van die pasiënt, versorging van die versorger self, aspekte soos bewusmaking van die erns en omvang van demensie waarvan tot 60% gevalle van Alzheimer is, en pogings om elke versorger in die omgewing te voorsien van ’n handleiding, inlig- tingstraktate en onderrig in die vaardighede vir die versorgingstaak.

Later gedurende die jaar word ’n openbare byeenkoms ook beplan met die fokus op die wetlike vereistes van demensie-gevalle asook versorging.
’n Gebedsgroep is saamgestel wat elke eerste Woensdag van die maand bymekaarkom om te bid vir diegene wat betrokke is by die behandeling van demensie.

Mense wat die groep se ondersteuning nodig het, of enige navrae het, is welkom om mev. Marietjie Oehley by (056) 811 2460 of Izak Kriel by 082 898 3723 te skakel.

Exit mobile version