HealthLifestyle

Aandagafleibaarheid, oogprobleme en voeding – waar pas dit alles inmekaar

Deur Annemarie Smit Dis die jaar 2015 en anders as ’n 100 jaar gelede het ons ontaard in ’n gejaagde generasie. Ons vergeet dat die beste dinge in die lewe met tyd kom. Dink terug aan jou oupa en ouma op die plaas… ontbyt het bestaan uit plaaseiers en tuisgebakte brood met vars gekarringde botter of …

Deur Annemarie Smit

Dis die jaar 2015 en anders as ’n 100 jaar gelede het ons ontaard in ’n gejaagde generasie. Ons vergeet dat die beste dinge in die lewe met tyd kom. Aandagafleibaarheid, oogprobleme en voeding - waar pas dit alles inmekaarDink terug aan jou oupa en ouma op die plaas… ontbyt het bestaan uit plaaseiers en tuisgebakte brood met vars gekarringde botter of mieliepap.

Vir middag- en aandete was daar varsgeslagte vleis gaargemaak aan die been en groente uit die tuin. Etes is rustig afgesluk met yskoue plaasmelk. Hoe idillies klink dit nie, maar die realiteit van vandag se lewe is dat meeste kinders regte tradisionele kos glad nie ken nie.

Dis onder andere waaroor Annemarie Smit, oogkundige van Provision Oogkundiges in Parys, met die Graad RR tot Graad 3 onderwyseresse en belangstellende mammas Vrydag 24 April gesels het. Wetenskaplikes vind dat ons huidige generasie kinders die grootste gesondheidskrisis beleef. Só byvoorbeeld het 1 uit elke 10 kinders ’n aandagafleibaarheidsprobleem en 1 uit elke 3 kinders sukkel met allergieë. Hou ons moderne eetgewoontes hiermee verband? Ja beslis!

Wetenskaplikes vind dat selfs die kwaliteit voeding van die ma tydens swangerskap ’n baie groot rol speel in die kind se gesondheid en selfs intelligensie. Deur ons swanger mammas en kinders regte tradisionele kos te gee, kan ons baie van die moderne gesondheidsprobleme uitskakel.
Dink vir ’n oomblik aan wat die meeste kinders daagliks eet. Byna alles kom uit ’n pakkie, boks of sakkie. Die moderne kos bevat min tot geen mineraal-, ensiem- of vitamien-inhoud. Ons liggame benodig voedingstowwe vir elke funksie, selfs om kos te kan verteer, en wanneer kos byvoorbeeld glad nie minerale bevat nie “onttrek” die liggaam minerale uit die liggaam se store. Dit lei tot baie gesondheidsprobleme soos vroeë osteoperose.

Huidiglik eet kinders so baie verfynde suiker dat die gemiddelde kind teen die ouderdom van 8 jaar reeds net soveel suiker ingeneem het as wat ’n persoon wat 100 jaar gelede geleef het, in ’n hele leeftyd ingeneem het! Die hoë suikerinname dra by tot swak konsentrasie, verlaagde immuunrespons, allergieë en ander chroniese siektes soos diabetes. Die hartseer is dat daar in baie gevalle eers na sterk medikasie gegryp word om kinders se simptome te onderdruk, in plaas van om die wortel van al die probleme aan te spreek.

Annemarie het ook gesels oor oogprobleme wat soms voorkom as ’n aandagafleibaarheidsprobleem, maar eintlik net ’n verskuilde oogprobleem is. Dit is baie belangrik om voorskools reeds ’n kind se oë te laat toets en so latere probleme uit te skakel. Die praa-tjie was ’n lewendige interaktiewe middag. Baie dankie aan Erika van Zyl, arbeidsterapeut in Parys, vir die inisiatief saam met professionele persone in Parys. Op 29 Mei sal ’n spraakterapeut die onderwyseresse toespreek by die VVA-kantoor in Buitenstraat.

Related Articles

Back to top button