Local newsSport

Alle oë op SA o.19 onderwaterhokkie-span vandag

Groot eer vir Parys-seun as nr. 8 vir SA 0.19-onderwaterhokkiespan

Ewan Stoltz van Parys en sy spanmaats van die SA o.19 onderwaterhokkie span speel vandag hul eerste wedstryd teen Nieu-Seeland in Kuala Lumpur by die wêreld onderwaterhokkie-kampioenskappe. Daar is groot verwagtinge vir dié SA-span, en is die hoop op ‘n goue medalje.

Die afgelope jaar se harde het vrugte afgewerp vir die jong Parysenaar nadat hy uit die room van die land se spelers  gekies is as een van net 11 Suid-Afrikaners in die 0.19 SA onderwaterhokkie-span.

Ewan Stoltz

Suid-Afrika het ‘n mans en dames o.19 span asook ‘n mans en dames o.24 span wat die land by die kampioenskappe sal verteenwoordig.

Die foto van Ewan en sy o.19 SA-spanmaats is vanoggend geneem voor hul wedstryd teen Nieu-Seeland,

Die vier spanne het verlede week na Maleisië vertrek en het op Maandag 15 Julie in Kuala Lumpur aangekom vir die voor-wedstryde. Die openingseremonie is Vrydag gehou.

‘n Prettige spanfoto wat vroeër die week geneem is.

Uitdunwedstryde sal tot Woensdag gespeel word met die finale wedstryde wat op 27 Julie gespeel sal word

By die o.19’s sal spanne van agt lande kragte meet.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button