Sport

Wanneer 254 km se trap vriende soos familie saambind

Só kon die vier vriende ná die 21 uur se trap die strand in Scottburgh bereik - 254 km sonder teëspoed afgelê van Underburg na Scottburgh.

Dit is 02:00 die oggend, 4 Junie. Die temperatuur ysig as die fietspedale stram begin beweeg hier aan die voet van die Sani-pas. ‘n Dag waarna vier vriende van Parys – Pieter Jansen van Rensburg, Gerhard van Staden, Johan Huyser en Rossouw Muller, lank uitgesien het. Die Sani2C se uitdagende 254 km – maar dié keer word getrap sonder stop.
‘n Buitengewone wedren waar jy ‘klippe kou’ met elke draai van die fietswiele. Die wedrenleuse wat in jou kop maal soos die horlosiewyser die ure om tik- “Life is not all down hill,” – en jy weet dit met elke kilometer wat jy trap oor die uitdagende en soms senutergende terrein.
Net 24 uur om die wedren klaar te maak.

‘n Selfs nog groter uitdaging wat die organiseerders vanjaar aan deelnemers gebied het – ‘n ‘non-stop event’ wat nie soos vorige jare oor drie dae afgelê is nie, maar net in ‘n enkele dag.
‘n Unieke wedren en die eerste van sy soort in jare.
Maar dit gaan oor meer as die ure se voorbereiding, erken die span ruiterlik. Sonder die ondersteuning die dag deur Michelle Huyser en Barbara Jansen van Rensburg sou dit nie moontlik wees nie. Dit was hul lewenslyn vir die totaal van die 21 uur wat hul saam beweeg het na die ontmoetingspunte. Dit was dié vroue se ondersteuning wat dit moontlik gemaak het om die wedren te voltooi, sê hulle.
En Ben van der Merwe wat die ewe belangrike logistiek van vervoer hanteer het.

Só kon die vier vriende ná die 21 uur se trap die strand in Scottburgh bereik – 254 km sonder teëspoed afgelê van Underburg na Scottburgh.
“Meer mense moet hierdie tipe van uitdagings ervaar om hulself en ander so beter te leer ken. Daar is verskeie sportsoorte en hul kan almal getuig van ‘humble beginnings,’ sê die vier wat ná die saam sweet al byna soos familie is.
En as die fietsrygogga jou sou byt – onthou Parys het ‘n informele fietsrygroep (Parys Jaagluiperds) waar mense van alle fiksheidsvlakke, of jy nou ‘n beginner of ervare fietsryer is, elke Saterdagoggend (somertye 07:00 en wintertye 08:00) vanaf Egweni vertrek op verskeie afstandroetes.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button