Sport
Oud Parys-leerder kry kapteinskap van SA Colts-span
Oud Parys-leerder kry kapteinskap van SA Colts-span
J
oe Meyer, ‘n oudleerder van Parys Primêre skool en tans matriekleerder aan Saint Andrews School in Bloemfontein, is tydens die Khaya Majola Krieketweek in Potchefstroom aangewys as kaptein van die SA-Colts krieketspan. Meyer het op die vierde dag ‘n honderdtal aangeteken. Hy is boonop ook gekies vir die Western Legends Franchise-span vir die Cricket SA Cubs Week waar ses o.19 krieketspanne mekaar die stryd op die krieketveld aansê. Die spanne is saamgestel uit spelers van die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap.