Parys se rolbalspelers het die afgelope naweek skitterend presteer met twee silwer en twee bronsmedaljes wat hulle huistoe gebring het na afloop van die Noordwes Meesters rolbalkampioenskappe.
Jaco Nel het silwer in die mans ope, Amanda Bester silwer in die dames veterane, Tracey Jacobs brons in die dames ope en Magdel O’Donoghue brons in die dames veterane verower.
Die volledige uitslae was as volg: Ope Dames: Goud: Burnadine Muller (Orkney), Silwer: Sega Mokoto (PCC), Brons: Tracey Jacobs (Parys) & René de Jager (Klerksdorp). Ope Mans: Goud: Pierre Breitenbach (Potchefstroom), Silwer: Jaco Nel (Parys), Brons: Colin de Jager (Klerksdorp) & Johan van den Heever (Sannieshof). Veterane Dames: Goud: Jillian Booth (Klerksdorp), Silwer: Amanda Bester (Parys), Brons: Bettie Beare (Klerksdorp) & Magdel O’Donoghue (Parys). Veterane Mans: Goud: Alan Kirkland (Klerksdorp), Silwer: Henry Peens (Klerksdorp), Brons: Deon Pitts (Klerksdorp) & Schalk van der Merwe Lafarge.
Uitblinkers in die Mans ope is van links Jaco Nel (Silwer), Pierre Breytenbach (Goud) en Colin de Jager (Brons)
Van die Dames Veterane uitblinkers is van links Amanda Bester (Silwer), Jillian Booth (Goud) en Bettie Beare (Brons). Foto: Verskaf