Sport

Tennisklub begin met eerste gratis tenniskliniek

Tennisklub begin met eerste gratis tenniskliniek

   

Parys-tennisklub het die afgelope Saterdag afgeskop met hulle eerste gratis tenniskliniek, onder leiding van Brian Colby. Dit was ‘n groot sukses met 29 leerlinge van jonk tot oud wat die kliniek bygewoon het. Daar is vir eers baie klem gelê op basiese balvaardigheid en raketbeheer. Vir baie spelers was dit die eerste keer dat hulle aan ’n raket gevat het. Spelers het die kliniek baie geniet en die twee ure het in ’n oogwink verbygevlieg. Die klinieke gaan voortaan elke Saterdag plaasvind en belangstellendes kan vir Brian by 060 482 5069 kontak.      

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button