Sport

Noordwes-rolballigas staan einde se kant toe

Noordwes-rolballigas staan einde se kant toe

Deur Piet de Jager Noordwes-rolbal se ligas staan einde se kant toe. Die laaste wedstryde in die Premierliga vir Mans en Vroue vind Saterdag 20 Februarie by die Potcehfstroom Buiteklub (PCC) plaas. Die Eersteliga se halfeind en eindstryde is geskeduleer vir 28 Februarie..

Sake lyk nou só in die ligas:

Premierliga

Vroue

Die Potcefstroom rolbalklub se span wat bestaan uit Corrie Breitenbach, Rhonda en Natasha Kallis en Brenda Palmer, het ‘n agt punt voorsprong oor die PCC-span wat bestaan uit Riekie Broodryk, Sega Mokoto, Helena Koekemoer en Babey Mogonjana.

Mans

Pikkie Loots, Tinus Crous, Richard Harris en Piet Croucamp van Klerksdorp Rolbalklub is byna oonaanvegbaar in die eerste plek met 58.5 punte. Eersteliga Hierdie liga speel wel halfeind wedstryde wat oploop na die twee finale.

Vroue:

Die huidige seksievoorlopers is: Seksie 1: Potch (2) 45, Seksie 2 PCC (2) 38.5, Seksie 3 Fochville (2) 41

Mans:

Seksie 1 Klerksdorp 33, Seksie 2 Potch (1) 49, Seksie 3 Klerksdorp (5) 32, Seksie 4 Sannieshof 56.    

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button