Sport

Besige en opwindende jaar lê voor vir Viljoenskroon ryskool

    Salomon Senekal Hoër-ryskool en Sozo-Cheval Equestrian Services het sommer groot planne vir 2021. Dié ryskool is daartoe verbind om die Western manier van perdry te bevorder in die Vrystaat en Noordwes provinsie. Die afgelope 8 jaar is daar hard gewerk om dit vir ruiters moontlik te maak om aan skoue deel te neem …

 
 
Salomon Senekal Hoër-ryskool en Sozo-Cheval Equestrian Services het sommer groot planne vir 2021.
Dié ryskool is daartoe verbind om die Western manier van perdry te bevorder in die Vrystaat en Noordwes provinsie.
Die afgelope 8 jaar is daar hard gewerk om dit vir ruiters moontlik te maak om aan skoue deel te neem op die Western manier.
So is daar die afgelope 6 jaar  deelgeneem aan die Reigning en Western Performance Qualifiers (RWPHSA )en nasionale byeenkomste waaraan ruiters uit Viljoenskroon, Parys en Potchefstroom deelgeneem het.
Die laaste twee jaar het ruiters ook hul slag gewys by die Cowboy Dresseer byeenkomste, en in Desember het die ryskool sy eerste Distance Riding  (DRASA) aangebied.
 
Drasa-deelname in die prag natuurskoon. Foto: Fanie Fowlds
 
 
 
 
 
Só lyk 2021 se beplanning:
RWPHSA Qualifiers (30 Januarie en 22 Mei in Viljoenskroon),
2 Cowboy Dressage Gatherings (27 Maart en 17 Julie)
3 DRASA byeenkomste (23-25 April in Kroonstad, 10-12 September  en 3-5 Desember op Wolwekop tussen Viljoenskroon en Vredefort )
 
Vir meer inligting oor hoe jy kan deelneem, kontak Lida Stander by 0834417752
 
 
 
 
 
 
 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button