Parys se ringtennisspelers is vandag in Pretoria op die baan vir hul kragmeting teen Gauteng Noord.
En verlede naweek het die ringe ook behoorlik gesing toe Parys vir Sedibeng op die baan was in die provinsiale ligastryd teen die span van Limpopo.
Arno Hattingh het toe Parys se naam hoog gehou met die beste prestasie toe hy al vier sy wedstryde gewen het, naamlik twee enkelspelle, een gemengde dubbelspel en een mans dubbelspel kragmeting.
Verlede naweek se uitslae het só gelyk:
A-span verloor 30-2
B-span verloor 20-12
C-span wen 32-0