SportSport

Skitter prestasies vir dié ruiters

Skitter prestasies vir dié ruiters

’n Hele aantal Vrystaters van onder meer Parys, Viljoenskroon en Bothaville, en Noordwes-ruiters van Potchefstroom het met skitter prestasies kon spog by die RWPHSA/SAQHA/AQHA/NRHA Nasionale Konvensie wat die week van 6-10 Augustus tydens die Western Festival by die AfriDome in Parys gehou is. Onder die ruiters was Ranaé Lindeque, Martie Bezuidenhout, Caroline Nunes, Chanté Coetzer, Christine van der Merwe, Cornel Mileham, Rosa van Niekerk, Anri Roux, Mari Wienand, Lida Stander (almal vir Vrystaat), en Vicky van Zyl en Blake en Bridget Vosloo (Noordwes)
Caroline behaal ’n 1ste plek in Cowboy Dressage Walk Jog Challenge 2, ‘n eerste en tweede plek vir Novice Youth Western Trail, 2de plekke vir beide die Novice Youth Horsemanship klasse, en ‘n tweede plek vir Ranch Riding Novice Youth.

Caroline Nunes.

Rosa behaal ‘n derde plek vir Adult Intermediate Reining, ‘n tweede plek vir Cowboy Dressage Adult Open Walk, Jog, Lope test 1 en tweede Ranch Riding Adult Intermediate.

Rosa en Caroline. 
Ranae was eerste in Showmanship at Halter, 2de in Hunt Seat Equitation, 2de in Ranch Riding, en 3de en 4de in Reining. Christine was 2de in die In Hand Trail Adult Novice, en 3de met In Hand Adult Novice Showmanship.

Ranae Lindeque. 
Mari behaal ‘n 3de plek in Cowboy Dressage, 1ste plek in Pleasure Horse, 1ste plek vir Horsemanship en 3de plek vir Ranch Riding. Chanté was 1ste in Ranch Riding klas 1, 1ste in Ranch Riding klas 2, 1ste in Dressage, 1ste in Horsemanship klas 1, 1ste in Horsemanship klas 2, 2de in Trail klas 1 en 1ste in Trail klas 2.

Chante Coetzer. 

Cornel, Christine en Chante. 

Christine van der Merwe. 
Martie behaal ‘n 1ste plek in Ranch Riding klas 1, ‘n gedeelde 2de plek in Pleasure klas 1, ‘n 2de plek vir Ranch Riding klas 2, en gedeelde 1ste plek in Pleasure klas 2.

Martie Bezuidenhout. 
Bridget was 2de in Pleasure en Horsemanship Intermediate. Blake behaal ‘n 8ste plek vir Ranch Riding Adult Novice, en ‘n 4de plek vir Horsemanship Adult Novice.

Bridget Vosloo saam met Vicky van Zyl en Martie Bezuidenhout. 

Vicky was 1ste in Western Adult Intermediate Dressage, 1ste in Ranch Riding, 1ste in Western Pleasure, 2 derde plekke vir RWPHSA Ranch Riding, en ‘n 2de plek vir RWPHSA Pleasure Riding.

Vicky van Zyl. 

Lida was eerste in Adult Open Walk Jog Test 1, en Cornel 1ste Adult Novice In Hand Trail, 2de Showmanship at Halter en 1ste Ranch Riding.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button