Hierdie is ’n sport wat beslis ewe veel pret as uitdaging bied en solank jy nog vlug van voet en oog is, is jy beslis nie té jonk, of té oud vir ringtennis nie.
Die sport word reeds vir ’n geruime tyd aktief in Parys gespeel en is daar selfs Parysenaars wat in 2018 hul slag by die nasionale kampioenskappe gaan wys het.
Benewens die oefening wat die sport jou bied, is dit die ideale geleentheid om mense te ontmoet met weeklikse sosiale spel, en terselfdertyd ’n lekker wegbreek na ‘n langs dag se werk.
Oefening is Dinsdae en Donderdae tussen 17:00 en 18:00 in die kerksaal by die NG- gemeente Parys-Oos.
Naas ’n paar tekkies het jy niks meer nodig nie. Net die gewilligheid om te kom saam speel. Jy hoef ook nie ’n ervare speler te wees nie. Beginners en selfs kinders is baie welkom.