Sport
Fantastiese pryse by Gr R- gholfdag
Wanneer die nood druk, maak Parys Primêr se Graad R klassies plan.
Om te kan voorsien vir belangrike onkostes hou hulle op Vrydag 12 Julie ‘n gholfdag. Jy is genooi om te kom saam speel. Bring sommer jou hele span.
Sakelui in Parys en hul vriende het behoorlik hand opgesteek. Midas Vanderbijlpark, Wynn-with, Remax en ‘n klomp ander gaatjie-borge maak die dag moontlik. By putjie 9 kan jy weglê aan Gin-proe deur Gomozzi Gin.
Jy kan onder andere wegstap met ‘n 2-dag wegbreek in ‘n luukse 4-bed chalet by die asemrowende Tava-Lingwe, geborg deur Parys Motors. Of hoe klink ‘n sunset-cruise by Willow Banks? Op die spel is ook kontantpryse, spa-sessies, etes by Parys Spur, tuingereedskap deur Goldenmarc en vele meer.