SportSport

Afrigter swem saam vir motivering

Die 40-jarige Jaco Botha het nie geskroom om vanoggend (Woensdag 26 Junie) saam met die 8-jarige Zuan van Riet   in die Penny Heyns-swembad te klim vir die 50m borsslag item  by die Sasol Nasionale Winterswemkampioenskappe in Sasolburg. Jaco rig Zuan af. Afrigter Jaco Botha saam met die 8-jarige Zuan van Riet wat vanmiddag aan die …

Die 40-jarige Jaco Botha het nie geskroom om vanoggend (Woensdag 26 Junie) saam met die 8-jarige Zuan van Riet   in die Penny Heyns-swembad te klim vir die 50m borsslag item  by die Sasol Nasionale Winterswemkampioenskappe in Sasolburg. Jaco rig Zuan af.

Afrigter Jaco Botha saam met die 8-jarige Zuan van Riet wat vanmiddag aan die finaal van die 50m borsslag vir swemmers 10 jaar en ouer sal deelneem by die Sasol Nasionale Winterswemkampioenskappe.

 

Jaco vertel dat hy besluit het om self deel te neem om die jong swemmertjies van die Parys-swemklub aan te moedig, maar ook sommer te wys hy kan nog! En dit het hy inderdaad bewys toe hy eerste ge-eindig het in die item met ‘n  tyd van 40.43. Zuan was tiende in 1:02:23 en moet vanmiddag aan die finaal deelneem.

Parys-swemklub het 9 swemmers by dié kampioenskappe wat vanjaar vir die 48ste keer aangebied word, terwyl nog twee Parysenaars ook vir die Sasolburg-swemklub deelneem.

Vrystaatse winterkoue of te nie – daar word warm rekords losgeswem dié week.

Hou die Gazette van 4 Julie dop vir aksiefoto’s en die uitslae van die Parysenaars wat deelgeneem het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button