SportSport

Noordwes rolbal se Pare speel Saterdag finale wedstryde

Noordwes rolbal se Pare speel Saterdag finale wedstryde

Die kwarteind, halfeind en die eindstryde in die Noordwes Rolbal se Parekompetisie vind Saterdag by die Klerklsdorp Rolbalklub plaas: die kwartfinale om 0900 en die halfeindstryde om 1300, gevolg deur die twee eindstryde.

Die gasheerklub het drie mans pare in die kwarteind: Josh Radebe en Anton Grobler wat teen Parys se George Lotter en Jaco Nel speel en Tinus Crous en Piet Croucamp wat sake moet uitspook teen Pikkie Loots en Cliff Yeoman. Geen Klerksdorp vroueparespan kon deurdring nie.

Parys het ook ‘n vroue paar in die kwarteind: Magdel O’Donghue en Tracy Jacobs wat teen Corrie Breitenback en Elly van Dijk van Potchefstroom Dorp Rolbalklub speel. In die ander kwarteind speel La Farge se Christine Marais en Nicol Jaarsman teen Mafeking se Ann Buys en Judith Venter.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button