SportSport

Noordwes rolbal lei jaar in met Pare-kompetisie

Noordwes rolbal lei jaar in met Pare-kompetisie

Noordwes Rolbal se eerste kompetisie vir 2019 is die Mans en Vroue Pare wat Saterdag begin.

Klerksdorp-rolbalklub het weer by verre die meeste inskrywings: Vyftien  mans spanne en 10 vroue spanne sal die klub verteenwoordig. Wat die mans aan betref het PCC sewe spanne, Parys, La Farge en Orkney vier elk, Potch Dorp 3 met enkele spanne van Mafeking, Koster en Fochville.

Benewens die 10 vroue pare van Klerksdorp, het PCC 5, Parys, Potch Dorp en Parys 4 elk met enkele spanne van Koster, Mafeking , Orkeney en Coligby.

Vir die vroue sal daar spel wees op La Farge, Klerksdorp en PCC met die uitspele Sondag by PCC.

Die mans pare sal Saterdag sake uitspook in die seksies by Potch Dorp, PCC, Klerksdorp en Parys met die uitspele Sondag by Klerksdorp.

Die aksie word volgende naweek voortgesit.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button