Sport

Inskrywings nou oop vir vanjaar se Besigheidsliga rolbal uitdaging

Die liga word gespeel op ’n rondomtalie basis.

Die nuwe seisoen vir die Parys Rolbal Besigheidsliga skop af op 16 Oktober en word gespeel tot 28 November. Daar sal nie in die Desember-skoolvakansie gespeel word nie, en spel hervat in Januarie 2019.
Die liga word gespeel op ’n rondomtalie basis. Inskrywingsgelde is ongeveer R600 per span (vyf tot ses spelers), en sluit die besigheid se jaarlikse sosiale lidmaatskapfooie in.
Spelers wat lid is van ’n rolbalklub mag nie in die besigheidsliga speel nie.
Die baanfooie beloop R10 per speler per aand en dié geld word gebruik vir die prysuitdeling aan die einde van die liga.
Nuwe spanne kan reël vir oefentye en rolballe is beskikbaar by die Parys-rolbalklub. Kom en word deel van ‘n heerlike sosiale geleentheid. Daag mekaar uit, daag ander sportklubs uit, daag jou vriend of vyand en kom speel saam.
As jy wil inskryf of navrae het kan Raymond by 083 300 4696, Colin by 083 630 8976 of Bobby by 082 376 5338 geskakel word.
Die wenners van die Viere in die 2017/18 Besigheidsliga was Dannie Supra, Tony Jardim, Hannes Rood en Jacques Coetzee.
Tweede was STUDIO J se Tersia Loubser, Brenda Retief, Jaco Marais en Jolene Loubser, met Namgola se Jaundré Thompson, Ruan van der Westhuizen, Bernard van der Westhuizen en Rudolf Peens in die derde plek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button