SportSport

Groot rolbal-uitdaging vir besighede, klubs

Het jy as besigheid ’n “appeltjie te skil” met ’n ander besigheid? Daag hulle dan uit op die rolbalbaan!

Parys-rolbalklub se baie gewilde Besigheidsliga vir 2018/19 sal eersdaags weer op Woensdagaande gespeel word. Dit is ’n baie lekker tydverdryf vir die hele gesin en sorg vir opwinding en geselligheid.
Het jy as besigheid ’n “appeltjie te skil” met ’n ander besigheid? Daag hulle dan uit op die rolbalbaan!
Daar word weer gesoek na 12 spanne van vier spelers elk. Die eerste opbetaalde spanne sal in ’n liga speel. Daar word ook gesoek na ’n borg vir die toernooi.
Selfs sportklubs kan mekaar kom uitdaag op die baan, prokureurs, onderwysers, gholfspelers teen tennisspelers, sekuriteitsmaatskappye teen voertuighersteldienste, slaghuise teen drankwinkels. Dan word daar ook ’n pa/ma-, seun/dogter-liga vir Saterdae beplan.
Die liga word gespeel op ’n rondomtalie basis.Inskrywingsgelde kos ongeveer R600 per span (vyf tot ses spelers) en sluit die besigheid se jaarlikse sosiale lidmaatgelde in, Die baanfooie beloop R10 per speler per aand en dié geld word gebruik vir die prysuitdeling teen die einde van die liga. Rolballe kan by die klub gehuur word teen minimale koste.
Die enigste reëls is dat jy met plat skoene of kaalvoet moet speel, en geen gevloek op die baan.
Die rolbalklub is een van die grootste sosiale klubs in die dorp met baie veilige parkering en braaigeriewe. Hierdie braaigeriewe (asook ander verversings) word elke Woensdagaand beskikbaar gestel, bring net jou eie vleis en kom braai gerus saam.
Daar sal elke Woensdagaand gespeel word vanaf 16 Oktober tot 28 November vanaf 18:00 tot ongeveer 20:00. Daarna word die braaivleisvure aangesteek en saamgekuier.
Daar sal nie in die Desember-skoolvakansie gespeel word nie, en word spel in Januarie 2019 hervat. As jy wil inskryf of navrae het skakel Raymond by 083 300 4696, Luzya by 082 228 0006, Colin by 083 630 8976 of Bobby by 082 376 5338.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button