SportSport

Gemengde sukses vir veerpyltjiespelers

Gemengde sukses vir veerpyltjiespelers

Die 2018/2019 Vrystaat Veerpyltjie seisoen het afgeskop met ’n toernooi in Harrysmith in die Oos-Vrystaat.
Die vier Parys Palm Court spelers, Danie en Okkie van der Merwe, Ockert Grobler, en Cornea Viljoen wat Noord-Vrystaat verteenwoordig, het gemengde suksesse behaal.
Danie en Ockert het saam met hul Noord-Vrystaat A-spanlede, silwer ontvang in die mans A-afdeling.

Danie van der Merwe en Ockert Grobler wat kon spog met silwer in die mans A-afdeling.

Okkie en Cornea het op hul beurt saam met hul dames B1 spanlede ook silwer verower.

Cornea Viljoen en Okkie van der Merwe wat saam met die dames B1-spanlede silwermedaljes kon huistoe neem.

Hierbenewens het Cornea uitstekend gevaar in die algehele dames enkel-afdeling waar sy net-net in die finaal met een spel die spit moes afbyt teen haar mede Noord-Vrystaat dames A-speler, Lynette Neethling, en so ’n silwermedalje ingepalm het.

Cornea Viljoen van Parys (links) wat die silwermedalje wenner in die Vrystaat dames-afdeling was, saam met Jharet van die Oos-Vrystaat-streek, en Lynette Neethling (regs) van Winburg wat die dames goue medaljewenner was.

Danie van der Merwe het die tweede meeste voltalle (4x 180’s) in die toernooi gegooi.
Daar word drie soortgelyke Vrystaat Beker-toernooie tot Mei 2019 gespeel waarvan die volgende twee kragmetings in Bloemfontein en Welkom sal plaasvind. Na afloop van die toernooie sal die Vrystaat Provinsiale spanne aangekondig word wat einde Junie 2019 aan die Suid-Afrikaanse Nasionale kampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button