Sport

Parysenaars wys hul slag by Sasol padwedloop

Parysenaars het skitterend presteer by die Sasol padwedlope wat op 3 Februarie gehou is. Vir die 42,2km wedloop het Stephanie van Rooyen die wedloop in 3.37 minute voltooi en só 15de in haar ouderdomsgroep geëindig uit die 245 deelnemers. Elize Kempen se tyd was 4.56 vir dieselfde wedloop. By die 21.1km het Lorette Pretorius die …

Parysenaars het skitterend presteer by die Sasol padwedlope wat op 3 Februarie gehou is. Vir die 42,2km wedloop het Stephanie van Rooyen die wedloop in 3.37 minute voltooi en só 15de in haar ouderdomsgroep geëindig uit die 245 deelnemers. Elize Kempen se tyd was 4.56 vir dieselfde wedloop. By die 21.1km het Lorette Pretorius die wedloop voltooi in ’n persoonlike beste tyd van 1 uur 39 minute en 58 sekondes. Sy was die eerste vrou in die Veteraan-afdeling oor die wenstreep, en vyfde in haar ouderdomsgroep. Wieda de Klerk het saam met haar klaargemaak, ook in 1 uur 39 minute en 58 sekondes. Hulle is gevolg deur Rocco Pretorius en Johan Ferreira in 1 uur 44 sekondes. Karel Marais se tyd was 1 uur 58 sekondes, en Koos de la Rey 2 uur 2 sekondes. Lizette Marais en Alida Schabott het die 10km voltooi in 59 minute, en Johan de Klerk en Fred Schabott voltooi die 5km. Van die atlete wat deelgeneem het is van links Lizette en Karel Marais, Wieda de Klerk, Stephanie van Rooyen en Lorette en Rocco Pretorius.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button