Sport

ES le Grange-atleet se drome word waar in Frankryk

Baren Davids van ES le Grange Skool in Potchefstroom het met meer as net ‘n glimlag en unieke ervaring die afgelope Desember vanaf Reims in Frankryk teruggekeer. Hy het ‘n briljante derde plek by die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe behaal wat vanaf 7-10 Desember gehou is. Hy staan trots in sy Proteakleure met ‘n splinternuwe beker by… …

Baren Davids het ES le Grange Skool vanaf 7-10 Desember by die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe in Reims in Frankryk verteenwoordig. Hy het ‘n derde plek in die 8.6 kilometer-wedloop in spanverband behaal.

Baren Davids het ES le Grange Skool vanaf 7-10 Desember by die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe in Reims in Frankryk verteenwoordig. Hy het ‘n derde plek in die 8.6 kilometer-wedloop in spanverband behaal. Foto: Wouter Pienaar

Baren Davids van ES le Grange Skool in Potchefstroom het met meer as net ‘n glimlag en unieke ervaring die afgelope Desember vanaf Reims in Frankryk teruggekeer.
Hy het ‘n briljante derde plek by die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe behaal wat vanaf 7-10 Desember gehou is.
Hy staan trots in sy Proteakleure met ‘n splinternuwe beker by die skool waar hy sy atletiektalente ontgin het.

Baren Davids het ES le Grange Skool vanaf 7-10 Desember by die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe in Reims in Frankryk verteenwoordig. Hy het ‘n derde plek in die 8.6 kilometer-wedloop in spanverband behaal.

Baren Davids het ES le Grange Skool vanaf 7-10 Desember by die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe in Reims in Frankryk verteenwoordig. Hy het ‘n derde plek in die 8.6 kilometer-wedloop in spanverband behaal. Foto: Wouter Pienaar

Baren het hierdie prestasie in spanverband vir sy land in die 8.6 kilometer wedloop behaal wat op Sondag 10 Desember gehou is. Nie net was die kompetisie van al die ander lande uitdagend nie, maar Baren en sy spanmaats moes modderige toestande en reën ook trotseer in die Europese Winter.
“Sjoe, daar was baie modder en die modder was so erg dat ek my drafstyl moes aanpas en nader tree gee om spoed te bou en gemaklik te hardloop,” vertel Baren. Hy het die SASA-II-span vir verstandelik gestremde atlete verteenwoordig. “Hierdie trofee en om nuwe mense te ontmoet was vir my die lekkerste ding. Die atlete van Italië was op ‘n ander vlak, hulle hardloop regtig goed,” voer Baren verder aan.
Nog ‘n ervaring wat altyd by Baren sal bybly was die fasiliteite in Frankryk en die algehele ervaring om ‘n ander land te sien. “Ek kon darem vir my ‘n baadjie koop om terug te bring huis toe en natuurlik die trofee,” sê hy met ‘n glimlag.

Die trofee wat Baren Davids in Frankryk gekry het.

Die trofee wat Baren Davids in Frankryk gekry het.

Baren Davids het ES le Grange Skool vanaf 7-10 Desember by die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe in Reims in Frankryk verteenwoordig. Hy het ‘n derde plek in die 8.6 kilometer-wedloop in spanverband behaal.

Baren Davids het ES le Grange Skool vanaf 7-10 Desember by die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe in Reims in Frankryk verteenwoordig. Hy het ‘n derde plek in die 8.6 kilometer-wedloop in spanverband behaal. Foto: Wouter Pienaar

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button