Suksesvolle hengel by Koppies
Die April-hengelkompetisie wat by Koppies-dam gehou is, het goed afgeloop. Met ’n pragtige herfsdag is daar gewoel onder die visse. Karp en babers het lyn gevat. Die mansafdeling is deur Jacques Wessels en die damesafdeling deur Veronica Spaarwater gewen. Sy het ook die poelvis wat geloot is as ’n baber, ingeweeg. Die junior-afdeling is gewen …
Die April-hengelkompetisie wat by Koppies-dam gehou is, het goed afgeloop. Met ’n pragtige herfsdag is daar gewoel onder die visse.
Karp en babers het lyn gevat. Die mansafdeling is deur Jacques Wessels en die damesafdeling deur Veronica Spaarwater gewen. Sy het ook die poelvis wat geloot is as ’n baber, ingeweeg.
Die junior-afdeling is gewen deur Heinrich van Niekerk. Baie geluk aan al die wenners.
Die volgende kompetisie sal gehou word by Tannie Magriet se Waters by die Vaaldam.
Die kompetisie is op 13 Mei. Hengelaars kom om 06:45 vir 07:00 bymekaar voor die ou Viskaswinkel in Oranjeville, vanwaar hulle na die hengelwaters vertrek.
Hengeltyd is van 08:00 tot 15:00.
Alle belangstellendes word genooi om by die hengelklub aan te sluit.
Vir navrae skakel Kobus Kriek by 082 878 2579 of Veronica by 072 631 1133.