SportSport

Silwer sukses vir Sunette in Rio!

Na jare van so amper, maar tog so ver het die Potchefstroomse spiesheldin, Sunette Viljoen, uiteindelik ‘n Olimpiese medalje verower met haar silwer in die vroue spiesgooi-item by die 2016 Olimpiese Spele in Rio.

Die 32-jarige Viljoen het ‘n briljante gooi van 64.92 gegooi om in tweede plek te eindig en Suid-Afrika se negende medalje van vanjaar se Spele te wen.

Kroasië se Sara Kolak het goud gevat met 66.18 en Barbora Spotakova van die Tsjeggiese Republiek die bronsmedalje met 64.8.

Viljoen is now ook die eerste vrou van Afrika wat ‘n medalje in hierdie item verower.

“Ek was so naby aan goud, maar ek kan nie vir meer vra na hierdie silwermedalje nie,” het sy in ‘n TV onderhoud na haar item gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button