EntertainmentSportSport

Valie gaan sy slag in Nederland wys

VANDERBIJLPARK. – Vyf belowende jong atlete verbonde aan die Jumping Kids Prosthetic Fund, is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by vanjaar se internasionale Wheelchair and Amputee Sport (IWAS) Junior Wêreldspele, wat van 2 tot 8 Julie in Nederland plaasvind.

VANDERBIJLPARK. – Vyf belowende jong atlete verbonde aan die Jumping Kids Prosthetic Fund, is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by vanjaar se internasionale Wheelchair and Amputee Sport (IWAS) Junior Wêreldspele, wat van 2 tot 8 Julie in Nederland plaasvind.

Onder dié vyf is Jean-Heinrich Barnard van Vanderbijlpark, wie se regterbeen in Augustus 2013 na ‘n padongeluk geamputeer moes word. Twee maande na die ongeluk is hy uit die hospitaal ontslaan en met ‘n kunsledemaat huis toe, maar omdat hy nog ‘n oop wond aan die been gehad het, kon hy net op die prostese staan en nie dadelik leer loop nie. Dit het hom egter nie gekeer om dadelik weer aan sport te begin deelneem nie. Hy is met ‘n rolstoel tot by die sportveld, waar hy dan op sy kunsbeen kon staan om diskus te gooi. Hy was nog altyd goed in dié sport en het na die ongeluk ook gewigstoot begin doen.

Jean-Heinrich het einde 2013 op Pilditch gekwalifiseer vir die Gestremde SA’s in diskus en gewigstoot. Hy het intussen flink met sy kunsbeen leer loop en het toeskouers verlede jaar laat regop sit toe hy as lid van die IceXpress Atletiekklub aan Nedbank se nasionale kampioenskappe vir mense met fisiese gestremdhede in Stellenbosch deelgeneem het. As nuweling het hy ‘n indrukwekkende vertoning in die F44 o/18-afdeling gelewer, met wen-afstande van 7.03 meter in gewigstoot en 29.01 meter in diskus.

Ander Suid-Afrikaners wat gekies is om nou in Nederland te gaan deelneem, is Ntando Mahlangu, Tiaan Huyzers, Bongani Mahlangu en Brandon Menezes. Al vyf dié atlete het uitstekend gevaar by vanjaar se Nedbank Nationale Atletiekkampioenskap vir fisiese gestremdes en beoog om aan die 2020 Paralimpiese Spele deel te neem. Volgens Fred Furstenberg van die organisasie “Is Ability Sport” is hy vol vertroue dat die vyfstuks uitstekend gaan vaar in Stadskanaal, Nederland, waar hulle volgende maand gaan deelneem.

* Meer besonderhede oor die jong atlete se besoek aan Nederland is beskikbaar op www.jumpingkids.org.za of stuur ‘n e-pos na michael@jumpingkids.org.za.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button