SportSport

Gimmies hardloop Lichtenburg pap

Die groot, swaar pak voorspelers van Lichtenburg was gedaan teen die einde van dié span se 44-28 nederlaag teen Gimmies.

Die groot, swaar pak voorspelers van Lichtenburg was gedaan teen die einde van dié span se 44-28 nederlaag teen Gimmies.

Gimmies het Lichtenburg Saterdag ’n goeie pakslae gegee nadat dit aan die begin gelyk het of Lichtenburg dalk Gimmies se onoorwonne status kan breek. Lichtenburg se voorspelers was man vir man groter en sterker as Gimmies se agttal en hulle het dié voordeel goed in die begin van die wedstryd gebruik.

Die Gimmie-skare was duidelik geskok toe Lichtenburg eerste gaan druk het, maar Gimmies het ander planne gehad. Dit het gelyk of Gimmies van die begin af van plan was om die groot manne van Lichtenburg moeg te maak. Gate in die Lichtenburg verdediging het begin oopgaan soos Gimmies van die een na die ander kant van die veld gehardloop het. Die Lichtenburg agttal kon net nie meer byhou met die vinnige tempo waarmee Gimmies gespeel het nie, maar Gimmies moes nogtans hard werk om teen rustyd 24 – 21 voor te wees. Die rus met halftyd was duidelik nie genoeg vir die Lichtenburg manne nie, want van die eerste afskop af het hulle nie meer lus gelyk vir die wedstryd nie. Jaswyn Damon het weer gewys van watter stoffasie hy is met sy lastige systap. Hy het ’n paar Lichtenburg manne laat wonder watter kant toe hy volgende gaan. Cassie Dreyer het ook die telling aangehelp deur twee skepskoppe oor te klits. Die ander puntemakers was drieë deur Jaswyn Damon, Otto van der Westhuizen, Inus Vermeulen, Eddie Schoeman en Veltie Vermeulen. Jaswyn Damon het vyf doelskoppe oorgesit asook een strafdoel.

Vermelding moet gemaak word oor Veltie Vermeulen se drie wat in die laaste oomblikke van die wedstryd gedruk is. Dié agtsteman het sy spoed en krag gewys deur die Lichtenburg verdedigers uit die pad te hardloop of te ontwyk nadat hy op die middellyn ’n gaping gevat het. Lichtenburg se drieë is gedruk deur Johan Dettmann, Tiny Maree, Rabie van Zyl, asook ’n strafdrie. Johan Schickerling het met al vier doelskoppe geslaag.

Ander uitslae:
2e: Gelykop 19 elk
3e: Gimmies wen 31-7
4e: Gimmies wen 12-0
o.16A: Ltx wen 31-20
o.16B: Gimmies wen 10-0
o.15A: Gimmies wen 27-7
o.15B: Ltx wen 10-7
o.14A: Ltx wen 46-17
o.14B: Ltx wen 37-10

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button