EntertainmentSportSport

Gebrekkige rugby-kennis lei tot vuisgeveg in skole-liga

VEREENIGING. - Pandemonium het Saterdagmiddag op die Hoërskool Overvaal se hoofrugbyveld uitgebreek toe ’n grootskaalse vuisgeveg na afloop van die skool se eerstespan-kragmeting teen General Smuts High School uitgebreek het.

VEREENIGING. – Pandemonium het Saterdagmiddag op die Hoërskool Overvaal se hoofrugbyveld uitgebreek toe ’n grootskaalse vuisgeveg na afloop van die skool se eerstespan-kragmeting teen General Smuts High School uitgebreek het.

Overvaal het die kragmeting met 48-0 gewen, waarna daar chaos uitgebreek het. Humeure het deurentyd tydens die ligawedstryd van die Valke se liga om die Beeldtrofee opgevlam, maar dié kruitvat het ontplof toe ’n speler van General Smuts na die eindfluitjie op Overvaal se eerste rugbyspan afgestorm het. Die wedstryd is voortydig deur die Valke-skeidsregter Steyn Killian gestop, waarna dié voorval plaasgevind het.

“Ek kan nie blaas en afrig nie. Hulle (Smuts) ken nie die reëls nie. Ek het my stem hees gepraat,” het Killian rustyd aan Vaalweekblad gesê.

Smuts se gebrekkige kennis van die spelreëls en die vertolking daarvan het tot frustrasie onder sy spelers bygedra. Die skeidsregter het deurentyd die wedstryd gestop en beide spanne se kapteins aangespreek. General Smuts het volhard om met die skeidsregter teë te praat en hulle aan ongeoorloofde spel skuldig te maak.

Die besoekers se slotpaar Timothy Hlahane en Katleho Ralebakeng is herhaaldelik deur die skeidsregter aangespreek. Ralebakeng het later ’n rooikaart gekry, wat gemoedere verder laat opvlam het. Volgens Kobus Maré, hoof van General Smuts High School, is hy aangeraai om geen kommentaar te lewer nie. Die saak word volgens hom deur die Gauteng Departement van Onderwys ondersoek.

“Dis jammer wat Saterdag gebeur het. Dit is nie iets wat by sportgeleenthede hoort nie. Daar is geen kwade gevoelens tussen die skole na aanleiding van die voorval nie. Volgens ons is die saak hanteer en afgehandel.

Hierdie is ‘n geïsoleerde geval wat nie die jarelange verhouding tussen ons sal skaad nie,” het Stephan Schoeman, skoolhoof van die Hoërskool Overvaal gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button