SportSport

Sasolburg se groot gepronk om die draai

SASOLBURG. – Die jaarlikse FNB Classic Clash-rugbyderby tussen die HTS Sasolburg en die Hoërskool Sasolburg vind vanjaar weer in die aand plaas. Die twee spanne durf mekaar op Vrydag, 29 Mei op die DP de Villiers-stadion aan. Vanjaar sal die geleentheid weer in die middag/aand plaasvind. Die stadion se hekke maak reeds om 12:00 oop. …

SASOLBURG. – Die jaarlikse FNB Classic Clash-rugbyderby tussen die HTS Sasolburg en die Hoërskool Sasolburg vind vanjaar weer in die aand plaas.
Die twee spanne durf mekaar op Vrydag, 29 Mei op die DP de Villiers-stadion aan.
Vanjaar sal die geleentheid weer in die middag/aand plaasvind. Die stadion se hekke maak reeds om 12:00 oop. Die o.14- en o.15-spanne gevolg deur die tweede spanne, durf mekaar deur die loop van die middag aan. Die o.16’s sal in die hoofvoorwedstryd koppe stamp, waarna die twee skole om die beurt sal kans kry om ‘n bietjie te pronk tydens die Big Brag wat om 19:00 plaasvind.
Die hoofwedstryd tussen die Spanners en Kapoeners sal om 20:00 afskop.
Kaartjies vir die dag is reeds by albei skole teen R25 beskikbaar, maar sal ook by die hek teen R30 elk te koop wees.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button