SportSport

Ondersteun more se Springbokke vandag

VANDERBIJLPARK. – SA Rugby in samewerking met Coca-Cola en die Valke-rugbyunie bied vanjaar van 6 to 9 Julie die Coca-Cola Akademieweek op die VUT Isak Steyl-stadion aan. Dié week vorm ‘n integrale deel van SA Rugby se strategiese beplanning. Met 24 spanne is dié gesogte week die grootste van al die jeug-rugbyweke wat deur SA …

VANDERBIJLPARK. – SA Rugby in samewerking met Coca-Cola en die Valke-rugbyunie bied vanjaar van 6 to 9 Julie die Coca-Cola Akademieweek op die VUT Isak Steyl-stadion aan. Dié week vorm ‘n integrale deel van SA Rugby se strategiese beplanning.
Met 24 spanne is dié gesogte week die grootste van al die jeug-rugbyweke wat deur SA Rugby en Coca-Cola aangebied word. Dit is die eerste keer sedert 1998 dat ‘n skolerugbyweek van dié omvang in die Vaaldriehoek aangebied word.
Gegewe die feit moet daar gemeld word dat die Valke onlangs ook die Grant Khomo o.16-jeugweek en die Bondedag met onderskeiding aangebied het. Die Akademieweek is die teelaarde van toekomstige Springbokke en Superrugby-spelers. Stringe beroepspelers wat vandag huishoudelike name is, het hulle tande by die toernooi gesny. Die week is geografies verteenwoordigend van die hele land met elke provinsie wat een of meer spanne inskryf. Die land se top skolerugbyspelers sal hier in aksie wees en Vaalweekblad beoog om voor en na die tyd ‘n spogbylaag uit te bring.
Om dié bylaag te laat realiseer, maak ons staat op plaaslike sakelui en die sakegemeenskap om ons te ondersteun. Vaalweekblad beoog om ‘n hele span verslaggewers aan die projek af te staan, sodat toegevoegde waarde aan ons adverteerders op ons webwerf en sosiale platforms gegee kan word.
Daar is ook geleenthede om gekoopte koerante en plakkate teen ‘n nominale bedrag te borg wat by die stadion en akkommodasie van die spelers versprei sal word. Tussen 3 000 en 5 000 besoekers word tydens die week verwag.
Dit sal sorg vir ‘n reuse-finansiële inspuiting vir die plaaslike ekonomie.

Cameron Brits, bulflank van die Hoërskool Transvalia se o.14-rugbyspan, bars oor die voordeellyn in die span se eerste ligawedstryd teen die Hoërskool Oosterlig. Valia het maalvleis van die besoekers gemaak. Die wedstryd is vroeg gestop toe die tuisspan met 52-0 voorgeloop het. Foto: Ettienne van Rensburg
Cameron Brits, bulflank van die Hoërskool Transvalia se o.14-rugbyspan, bars oor die voordeellyn in die span se eerste ligawedstryd teen die Hoërskool Oosterlig. Valia het maalvleis van die besoekers gemaak. Die wedstryd is vroeg gestop toe die tuisspan met 52-0 voorgeloop het. Foto: Ettienne van Rensburg

Adverteerders en borge wat belangstel om die Akademieweek-bylaag te ondersteun kan Ettienne van Rensburg, sportredakteur van Vaalweekblad, by (016) 950 7000 kontak of e-pos ettienne.vanrensburg@mooivaalmedia.co.za stuur.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button