SportSport

Meyertonner wen harte in VSA

VANDERBIJLPARK. – Hy is besig om die bokswêreld een geveg op ’n slag te verower en menige Amerikaanse harte in die proses te wen. Chris van Heerden, die IBF Internasionale weltergewigkampioen, het verlede week in Amerika in die Dolby Theatre Ballroom sy onoorwonne boksrekord op Amerikaanse bodem tot vier uit vier verbeter, toe hy die …

VANDERBIJLPARK. – Hy is besig om die bokswêreld een geveg op ’n slag te verower en menige Amerikaanse harte in die proses te wen.
Chris van Heerden, die IBF Internasionale weltergewigkampioen, het verlede week in Amerika in die Dolby Theatre Ballroom sy onoorwonne boksrekord op Amerikaanse bodem tot vier uit vier verbeter, toe hy die Mexikaan, Ramon Ayala in die vierde ronde uitgeslaan het.
Sy beroepsrekord lees nou 23-1 en in Augustus gaan hy weer sy IBF-titel op die spel plaas. Sy geveg teen Ayala het gesorg dat die Boerklong van Meyerton nog iets van sy te-doen-voor-ek-sterflysie kon afmerk, toe hy sy boksheld ontmoet het.
“Sugar Ray Leonard is my boks rolmodel van alle tye. Ek het grootgeword om sy gevegte op televisie te kyk. So gisteraand na my sege het hy (Leonard) my hand geskud en my aan sy familie voorgestel. Wow! Dit wys jou net wat die Here in ’n mens se lewe kan doen. Ek is geseënd en ’n trots Suid-Afrikaanse Meyerton-boytjie,” het Chris op sy Facebookblad na sy sege oor Ayala geskryf.
Van rus is daar ook geen sprake nie. Hy het sy boksheld se woorde aan hom om op sy hoofdoelwit gefokus te bly, ter harte geneem.
Hy en sy afrigter Freddy Roach het verlede Vrydag, skaars twee dae na die Ayala-geveg, weer skouer aan die wiel begin sit, ter voorbereiding vir sy titelgeveg in Augustus.
“Dit is nou tyd vir harde werk, om gefokus te bly en te slaag,” het Chris op sy Facebookblad gesê.

Links bo: Chris van Heerden en sy boksheld Sugar Ray Leonard kort voor sy (van Heerden) se boksgeveg verlede week in Amerika teen Ramon Ayala.  Regs: Chris laat die Suid-Afrikaanse vlag wapper nadat hy Ramon Ayala met ’n uitklophou in die vierde ronde gewen het.
Links bo: Chris van Heerden en sy boksheld Sugar Ray Leonard kort voor sy (van Heerden) se boksgeveg verlede week in Amerika teen Ramon Ayala. Regs: Chris laat die Suid-Afrikaanse vlag wapper nadat hy Ramon Ayala met ’n uitklophou in die vierde ronde gewen het.

Related Articles

Back to top button